Agri Kultuur October / Oktober 2015 | Page 55

mooi wat is die terugbetalings koers – fondse se terugbetalings wissel byvoorbeeld tussen 100%, 200% en 300%. Dit beteken as die dokter duurder is as die fonds se koers gaan u as lid die verskil moet betaal. Meer as jou mediese fonds tarief: Deesdae word pasiënte wat dienste binne ’n hospitaal verlang gekonfronteer met “privaat” of “uitgekontrakteerde” tariewe, wat tot gevolg het dat hul mediese fonds nie die volle bedrag wat die dokter, spesialis of narkotiseur vra vir die prosedure uitbetaal nie. Mediese fondse betaal as ’n reël binne hospitaal prosedures teen die Mediese Fonds Tarief. ‘n Lid van ’n mediese fonds kan dus ’n redelike skok kry indien ’n Spesialis bv. R10 000 hef vir ’n prosedure, maar die Mediese Fonds Tarief wat voorgeskryf is, is slegs R6000. Die lid sal die balans van R4000 uit sy / haar sak moet opdok. “Gap Cover” oorbrug hierdie gaping. Hierdie binnehospitaal (verskil) dekking betaal tot 5 keer (500%) die mediese fonds tarief, met geen of ‘n jaarlikse limiet van toepassing. “Gap Cover” is ’n korttermyn versekeringsproduk en koste beloop vanaf R150 tot R245 per maand afhangende van die tipe polis. Hierdie kostes is per gesin en nie per persoon nie. ‘n Gesin van vier kan dus R150 per maand betaal afhangende van die dekking gekies. Wagperiodes is van toepassing , terme en voorwaardes geld. Die volgende voorbeeld illustreer wat Gap dekking in werklike gevalle uitbetaal het. Prosedure Mediese Fonds Tarief Ware Koste Gap Cover Betaal Bors Biopsie – Spesialis koste R 2 641.21 R 4 349.21 R 1 707.89 Rug Chirurgie – Spesialis koste R 3 207.20 R 6 180.00 R 2 972.80 Spinale Fusie – Spesialis koste R18 503.90 R55 320.46 R38 165.56 Cystoscopy – Spesialis koste R 7 825.00 R16 264.20 R 8 439.20 Keisersnee – Spesialis koste R 3 984.24 R12 507.39 R 8 523.15 Laastens: Wat is Voorgeskrewe Minimum Voordele? Dit is vir lewensbedreigde siektes/kondisies byvoorbeeld: kanker, diabetes, hoë bloeddruk, asma en cholesterol. Alle mediese skemas moet sedert 2004 voordele bied vir 270 gelyste diagnoses en nood mediese toestand behandelings wat in die Regulasies van die wet op Mediese Skemas 1998 gelys is, asook 25 geïdentifiseerde Chroniese siektetoestande. Mediese Fondse kan hul lede versoek om net van Spesifieke Diensverskaffers (m.a.w. hospitale, dokters en apteke) vir voorgeskrewe minimum voordele gebruik te maak, andersins sal daar bybetalings van toepassing wees. Die diensverskaffers kan ook publieke/staats hospitale wees. Dit is belangrik dat die korrekte roete, protokol en prosedures gevolg word. Venster Periode/Belangrike kennisgewing Die tydperk wat ALLE Mediese Fondse se veranderde voordele en verhoogde premies vrygestel word is nou! Die venster periode vir plan veranderinge binne u fonds is Oktober en November, u kan op- of afgradeer of u huidige plan hersien. Enige veranderinge sal 01 Januarie 2016 in werking tree. U het nou die opsie om te verander na ‘n Omvattende plan sonder wagperiodes. Om seker te maak dat jy op die regte plan is of vir meer inligting oor GAP dekking kan Karin Theron of Anel Heyns van Boshoff Visser Finansiële Dienste Edms. Bpk. gekontak word by 028 514 1102 of per epos: [email protected] / [email protected]. Boshoff Visser Finansiële Dienste Edms. Bpk. is ’n geregistreerde finansiële diensverskaffer. FSP Lisensienommer: 11969. Viakor Veertien (Edms.) Bpk. is 'n geregistreerde finansiële diensverskaffer. FSP lisensienommer: 11968. Bostaande artikel is slegs vir inligtingsdoeleindes en is dit geensins advies nie. Boshoff Visser raai kliënte aan om met 'n mediese fonds adviseur in verbinding te tree voordat hulle enige verandering aan hul mediese fonds plan maak.