Agri Kultuur October / Oktober 2015 | Page 54

Artikel deur Boshoff Visser Finansiële Dienste K ies die Regte Plan Goeie navorsing oor waar ‘n lid die beste mediese dekking teen die mees bekostigbare prys kan kry is deesdae uiters belangrik. Feite waaroor lede sekerheid moet hê is onder andere:  teen watter tarief Binne-hospitaal betaal my opsie vir Spesialiste?  watter addisionele bybetalings is van toepassing op prosedures binne die hospitaal?  vorm tandheelkundige en dag prosedures deel van ‘n fonds se risiko komponent of is die lid self vir die uitgawes verantwoordelik? Mediese fonds lede kan kies tussen die volgende:  Hospitaalplan,  Hospitaalplan met ’n spaar komponent (nuwe generasie fonds),  Omvattende planne,  Tradisionele planne (limiete van toepassing op buite hospitaal voordele bv tande, brille, pille ens) en;  Netwerk (Kapitasie) planne. ’n Hospitaalplan dek wel hospitalisasie-uitgawes, maar uitbetalings wissel volgens die fonds- reëls. Fondse se tariewe is nie noodwendig dieselfde as die van die Spesialis tydens hospitalisasie nie. Indien ’n Spesialis meer vra as die voorgeskrewe mediese fonds bedrag, moet die surplus uitgawes self deur die lid betaal word. Lede is verder verantwoordelik vir dag-tot-dag uitgawes soos dokters- of voorskrif uitgawes. ’n Hospitaalplan met ’n spaar komponent werk volgens dieselfde beginsel as die hospitaalplan met die verskil dat daaglikse uitgawes soos dokters- of tandarts besoeke uit die spaar komponent betaal word. Hospitaal-en-spaarplanne is nie noodwendig die koste doeltreffendste nie. Alhoewel kenners reken dat jong en gesonde lede dikwels die beste daaraan toe is met ‘n hospitaal-of-spaarplan omdat hulle selde siek word, kan ‘n siektetoestand wat onverwags toeslaan lede met die verkeerde mediese fonds in ‘n swak finansiële posisie laat. ’n Omvattende plan is die antwoord as jou hospitaalplan se spaar voordeel vinnig kwyn en jy ander dag-totdag uitgawes het, of as jy spesifieke chroniese kondisies het. As die totale koste die van ’n omvattende plan oorskry, kan ’n verandering na laasgenoemde die lonendste wees. Tradisionele planne, is ‘n opsie waar ‘n Lid jaarlikse limiete beskikbaar het vir Buite Hospitaal voordele byvoorbeeld: tande, brille, konsultasie en akute medikasie. Limiete is nie oordraagbaar soos by ‘n opsie met ‘n spaar komponent nie. Netwerk planne, ook genoem Kapitasie planne. Met hierdie plan word 'n lid se premie bepaal volgens sy/ haar inkomste. Met die tipe plan word die lid beperk tot sekere gelyste privaat hospitale asook dokters (GP’s), tandartse en oogartse. Hierdie diensverskaffers moet gekies word volgens 'n lys. Spesifieke uitsluitings vir binne hospitaal prosedures kan ook van toepassing wees. ’n Opgeleide, geregistreerde en onafhanklike gesondheidsorg konsultant tref vergelykings en kan vir lede uit verskeie fondse die beste opsie aanbeveel. Lesers moet in gedagte hou dat onafhanklike konsultante verskeie opsies kan voorstel en nie gebind is aan een spesifieke fonds nie. Lede moet seker maak watter toegang hulle tot diensverskaffers en medikasie het - is dit byvoorbeeld net dit wat die fonds voorskryf of kan u self kies? Kyk ook