Foto: Chris Kriel
ernstige gedrang. Wat ons wel
nodig het, is ‘n nuwe benadering en
direkte skakeling tussen die
gewasprodusente en die byeboere;
die een kan nie sonder die ander
leef nie.
As beginpunt moet mens kyk na die
interaksie tussen die gewasse en die
bye wat sulke gewasse bestuif. Die
grootste kweltyd kom wanneer die
gewas in die blom is en bye die
gewas besoek om nektar en stuifmeel te versamel en sodoende onwetend hulle kosbare bestuiwingstaak te verrig. Tydens hierdie
periode is dit eintlik ondenkbaar dat
mens so ‘n gewas sou behandel
met insekdoders want alles wat die
blomme besoek is moontlik in gedrang. Dit is ook noodsaaklik dat
sistemiese middels soos die neonikotinoiede aangewend word
binne die tydsraamwerk waarin
daar nie ‘n moontlikheid bestaan
dat die middels sistemies in nektar
en stuifmeel kan beland nie.
Navorsing het reeds bewys dat die
korrekte gebruik van hierdie klas
plaagdoders nie manifesteer in
plaagdoderresidues in stuifmeel en
nektar wanneer die bome bot nie.
As daar egter van die etiketaanwysings afgewyk word, is daar
moontlike probleme vir bye omdat
hulle aan residue blootgestel mag
word wat nie daar behoort te wees
nie.
Sommige mense reken ook dat
boere gewasse in die nag moet
spuit wanneer bye nie in gewasse
werk nie, maar dit is dikwels nie
moontlik of wenslik nie. Plaagdoderdeponering is baie sterk van
atmosferiese toestande afhanklik;
temperatuurinversies kan groot
probleme in die nag veroorsaak
soos onder andere drywing weg van
die teiken af. Dit kan ook beteken
dat die plaagdoderspuitmengsel nie
vinnig genoeg afdroog nie en ook
dit kan komplikasies veroorsaak.
Verdermeer is daar die kwessie van
veiligheid veral waar boorde of
gewasse op hellings of ongelyke
areas verbou word.
Wat egter in meeste gevalle waar
bye aangetas is, voorkom is die
gebrek aan kommunikasie tussen
gewasprodusente en byeboere. Ek
het al self verby ‘n groot vrugteboord gery waar die byekorwe soos
paddastoele langs die boord staan
en dan word daar peritroiede gespuit! Dit is niks anders as moeilikheid soek nie. Byeboere vra dat
hulle vooraf ingelig word as daar
bespuitings gaan plaasvind sodat
hulle korwe tydelik kan verwyder.
Met baie plaagdoders is dit so dat
die direkte kontak met bye die
insekte sal doodmaak maar sodra
die spuitmiddel op die plante droog
geword het is die potensiële giftigheid vir bye drasties verminder. Dit
verg dus koördinering van belange
om te verseker plae kan beheer
word en dat bye hul bestuiwing kan
verrig.
Een van die ernstigste aantygings
teen plaagdoders is dat die middels
dikwels onwettig aangewend word.
Onwettig beteken dat die middels
op gewasse aangewend word waarvoor dit nie geregistreer is nie.
Benewens die feit dat onwettig is, is
dit onverantwoordelik om sulke
dinge te doen. Dit skep in elk geval
net konflik tussen gewasprodusente
en byeboere.
Daar is baie ander dinge waaroor
mens eintlik ook moet praat as dit
oor bye handel maar die plaagdoderkwessie bly ‘n netelige een. As
ons net verantwoordelik kan optree
val baie van die negatiewe sentimente weg.
Plaagdodermaatskappye in CropLife
Suid-Afrika het al verskeie kere
etikette gewysig om aanwending te
wysig ten einde bye te beskerm,
maar as daar van etiketaanduidings
afgewyk word, is dit nag vir bye.
Daar word gereeld skimpe uit
regeringsoorde gegooi dat sommige plaagdoders wat bye doodmaak, verban behoort te word. Uit
‘n pragmatiese oogpunt is dit onsin
want plaagdoders maak nie bye
dood nie; mense wat plaagdoders
verkeerd gebruik maak bye dood!
Kontak dr Gerhard Verdoorn
[email protected]
082-446-8946