Agri Kultuur October / Oktober 2015 | Page 50

Artikel deur Dr Gerhard H Verdoorn Griffon Gifinligtingsentrum D aardie oulike goggatjies wat sulke lekker soetgoed in hul korwe maak loop alweer heel voor in die nuus. Amerikaanse vuilbroedsiekte is besig met ‘n etniese suiwering onder heuningbye in die Wes-Kaap en jaag almal se bloeddruk diep in die rooi in. Byeboere is bekommerd omdat hulle bye stadig maar seker die aftog blaas terwyl gewasboere vrees dat bestuiwing alreeds ‘n nekslag toegedien is as gevolg van die bye wat onder vuilbroed swig. Dit is egter nie net vuilbroed wat die hele volhoubaarheid van byeboerdery en bestuiwing bedreig nie maar ‘n groot aantal ander faktore. Bye wat moet oorwinter sonder genoegsame kos, Varoamyte wat korwe infesteer en bye uitwis, bye wat oorwerk is (dis nie net fabriekswerkers wat kla nie!), gebrek aan ‘n verskeidenheid voedselbronne, klimaatsverandering, predasie deur ander byesoorte en natuurlik ook plaagdoders is al daardie dinge wat bye se lewens op die spel plaas. Waar die kwessies werklik op die Foto: Chris Kriel voorgrond tree is by die skakeling tussen gewasboere wat bye vir bestuiwing nodig het en byeboere wat hulle bye vir bestuiwingsdienste verhuur. Die klippe word gereeld tussen die partye rondgegooi wanneer bye skielik begin vrek moontlik as gevolg van plaagdoderaanwending. Daar bestaan feitlik geen insekdoder wat nie vir bye giftig is nie dus kan ons van die staanspoor af die idee van byvriendelike insekdoders van die tafel af vee. Moet boere dan wegbeweeg van plaagdoders af? Beslis nie want dan is die gewasproduksie in