Agri Kultuur October / Oktober 2015 | Page 45

AE Livestock BKB Supreme Champion L na R: Jaco Smit en Hein Vollgraaff (BKB) beoordelaar van vleis- en melkbeeste in Suid-Afrika) is die Puttergill’s ernstige stoetmanne en hul visie, teelbeleid en filosofie laat hulle uitstyg bo ander telers. Van die diere wat al uit hul stoetery verkoop is, het in die onlangse AgriExpo Livestock teen hulle meegeding, wat dui op die kwaliteit diere wat by Puttergill Holsteins geteel word. Jaco Smit, een van die jongste en kleinste Angus telers, het vinnig opgang gemaak in die skoubedryf. Om met Angus beeste te boer is sy passie en hy raak opgewonde oor die fantastiese groei wat hierdie ras in die Wes-Kaap toon. Sy sakevernuf en teelprogram weerspiëel die suk-ses wat hy in ‘n kort tydjie Fotograaf: A Gorman Photography. bereik het. Sy Black Mamba Nelene is nie net as die BKB Vleisbees Kampioen aangewys nie, maar het ook ver-skeie ander kategorieë by die skou gewen. Bo en behalwe die kampioenskappe wat die hoogtepunt van Agri-Expo Livestock is, het die program-aktiwiteite skerp toegeneem om die verskillende behoeftes van die veebedryf aan te spreek. Programme soos 'n melkbok- en vleisbees inligtingsdag, moontlik gemaak deur die Wes-Kaapse Departement van Landbou, die Farmbiz Kragdebat oor Agri-besigheid in Afrika, geborg deur Investec, die Mutual & Federal Agri Streeksjeugskou en die Toyota Nasionale Jong Afslaers Kompetisie in samewerking met Veeplaas en Stockfarm, het beduidende waarde toegevoeg tot die geleentheid. Die ondersteuning en vennootskappe van agri-besighede, bedryfsorganisasies en telersgenootskappe dra grootliks by tot die sukses van hierdie geleentheid. "Die besonderse entoesiasme en hoë bywonersgetal aan die vele programme wat aangebied is, is ‘n bewys dat professionele landbouers, telers, kleinboere en ook die verbruiker Agri-Expo Livestock nou beskou as een van die belangrikste platvorms vir die suiwel- en vleis-bedrywe," sê Johan Ehlers, Hoof Uitvoerende Beampte van Agri-Expo.