Agri Kultuur October / Oktober 2015 | Page 44

D ie uitstaande gehalte en deelname van verskillende rasse het die nasionale en internasionale beoordelaars van die melk- en vleisbees kampioenskappe tydens die onlangse Agri-Expo Livestock by Sandringham beïndruk. Volgens Martin Seyfferdt, gerekende internasionale interras beoordelaar, is dit ongewoon om elf interrasse by een skou te hê. Seyfferdt sê hy was aangenaam verras met die uitstekende gehalte diere wat deelgeneem het aan die interraskampioenskappe. Puttergill Goldwyn Sweetie van Puttergill Holsteins in die Oos-Kaap, wat as die Absa Suiwelkoningin gekroon is, het ‘n nuwe rekord opgestel deur haar titel suksesvol te verdedig. Black Mamba Nelene van Black Mamba Stoetery in Moorreesburg, is gekroon is as die BKB Vleisbees Koningin. Dis ‘n besonderse prestasie omdat sy teen elf vleisbees rasse moes meeding om hierdie titel te verower. Brett Puttergill, wat beskou word as een van die suksesvolste telers en eienaar van die verdedigende kampioen, Puttergill Goldwyn Sweetie, sê "Agri-Expo Livestock is beslis die maatstaf vir vee skoue in die land. Dit was 'n voorreg om deel van hierdie gebeurtenis te wees en 'n ongelooflike ervaring om weer die titel van Absa Suiwel-koningin te verower, veral omdat dit dieselfde koei is wat gewen het." Die Puttergill’s het ‘n lang familiegeskiedenis in die veebedryf en skoue is die ideale bemarkingsgeleentheid vir hul diere. Die besigheid het reeds drie nasionale kampioene opgelewer. Volgens Herman Duvenage (Senior AE Livestock Dairy Queen L na R: Brett Puttergill, Johan van der Watt (Absa) en Pieter de Jager (Absa) Fotograaf: A Gorman Photography.