Agri Kultuur October / Oktober 2015 | Page 41

dieper grondwater, droogtes beter kan hanteer en 'n meer konstante voervloei en hoër diereproduksie kan handhaaf. ‘n Boer wie se weiveld oor ‘n swak ontwikkelde wortelstelsels beskik, benut dus net die boonste grondlagie op sy plaas, terwyl gesonde wortelstelsels die voedingstowwe en opgegaarde water van die hele grondprofiel kan benut. Met veld in swak toestand skep die boer eintlik sy eie droogtes – sogenaamde mensgemaakte droogtes. So ‘n boer se plaas is teoreties dus kleiner as wat werklik op die transport en akte dokument staan. Vertikale uitbreiding in plaas van horisontaal is die voorland vir ‘n boer wie se veld in swak toestand verkeer. Die hoër wortelmassa en beter verspreide wortelstelsels wat by veld in goeie toestand voorkom, het ‘n meer groeikragtige plant tot gevolg en daarom die beter weidingkapa­siteit vanaf sulke veld. Gevolglik kan daar nie net meer diere op goeie veld aangehou kan word nie, maar die inkomste per eenheid reënval is ook aansienlik hoër as by dié van veld in swak toestand. Veld in swak toestand verhoog gevolglik die intensiteit en frekwensie van droogtes wat ‘n normale verskynsel in die droë weivelddele is. Dit is gevolglik nie net die grootte van ‘n plaas wat bepaal of dit ‘n ekonomiese eenheid is nie, maar die toestand of gesondheid waarin die veld verkeer. Gids tot volhoubare produksie van weiding Tweede uitgawe nou beskikbaar R400 plus posgeld Die gewilde weidingboek saamgestel deur professor Hennie Snyman (Departement Vee-, Wild- en Weidingkunde, Universiteit van die Vrystaat) is pas herdruk. Beskikbaar by: [email protected] Tel 021 4064962 Kan ook direk elektronies bestel word deur te gaan na: www.landbou.com Gaan heel na “winkel”, en kies dan “weidingboek.” ‘n Moet vir elke vee- en wildboer!