Agri Kultuur October / Oktober 2015 | Page 25

Bolwurm (Helicoverpa armigera) Bolwurmlarwes rig skade aan deur groot gate regdeur die kelkrol te vreet. Hulle kan die baard van jong koppe tot so ’n mate beskadig, dat bestuiwing belemmer word. Skade aan koppe kan ook sekondêre kopvrot veroorsaak. KARATE ZEON® 10CS KARATE ZEON® 10 CS is ’n hoogs aktiewe en kostedoeltreffende insekdoder met lambdasihalotrin (piretroïed) as aktiewe bestanddeel. Die produk word gebruik vir die beheer van meer as 70 verskillende plae in meer as 40 gewasse wêreldwyd. KARATE ZEON® 10 CS bestaan uit ’n waterbasis van mikro-kapsules wat die aktiewe bestanddeel omsluit. Hierdie ’n waterbasis mikro-kapsule suspensie gee aan die produk verskeie voordele, onder andere gebruikersvriendelikheid. Snywurm, stamboorder, stronkboorder en bolwurm word suksesvol deur KARATE ZEON® 10 CS beheer. Danksy die produk se UV-stabiele formulasie gee dit langer beheer van snywurms as kompeterende formulasies. www.syngenta.co.za (011) 541-4000 @SyngentaSA