Dit help eerstens om hul karakter te
vorm, ‘n jeugskou kind is net anders as
die gewone kind. Dan help dit hulle om
vaardighede aan te leer soos hantering
van diere, skeer van diere, die maak van
geregte (by kullinêre kuns). Als moet op
die regte manier en in die regte volgorde
gedoen word, hulle leer ook konsentreer
en dit bevorder dan uiteindelik ook hul
skoolwerk. Hiervan het ons al baie
voorbeelde gesien. Dit bevorder ook
spanwerk omdat daar ook as ‘n groep
gesamentlik geskou word. Dit prikkel ook
die leerder om moontlik eendag ‘n
landbourigting te studeer, iets wat dalk
nie voorheen oorweeg is nie.”
Van AgriKultuur se kant, baie dankie vir
die harde werk wat ieder en ‘n elk ingesit
het om die Mutual en Federal Agri
Nasionale Kampioenskappe 2015
moontlik te maak, dit was ‘n voorreg om
die toewyding, entoesiasme en dissipline
te sien waarmee hierdie jongmense hul
sport beoefen.