Artikel deur Chris Kriel
Foto’s deur Gerhardi Boltman en Chris Kriel
D
ie Mutual en Federal Agri
Nasionale Jeugskou
Kampioenskappe is hierdie
jaar in Williston deur sowat 400 deelnemers van 9 provinsies
bygewoon. Klein en groot, manlik en
vroulik, ondersteuners en deelnemers,
beoordelaars en toeskouers van regoor
die land het behoorlik die dorpie uit sy
nate laat bars. Al wat ‘n inwoner is
moes van 4 tot 7 Oktober iewers hand
bysit om vir die groot toestroming
voorsiening te maak en soos net klein
gemeenskappe dit kan doen, het almal
saamgewerk om die besoekers te laat
welkom voel en reëlings so vlot moontlik te laat verloop.
Skoudiere is van heinde en verre aangery om deelnemers in staat te stel om
teen mekaar te kompeteer en moes
daar bontgestaan word om af te laai, te
versorg, te voer en water te gee vir die
groot kompetisie wat voorlê.
Kategorieë waaraan deelgeneem kon
word sluit in:
Kulinêre kuns,
Suiwelbereiding
Varke
pluimvee,
wedvlug- en sierduiwe
vleisskape
Vleisbokke
Melkbokke
Wolskape
Veselbokke
Konyne
Perde
vleisbeeste en
suiwelbeeste.
Elk van hierdie kategorieë het sy eie
unieke stel reëls waarvolgens deelnemers in die volgende ouderdomsgroepe beoordeel word:
Junior-junior (jonger as 10 jaar)
Junior (10-14 jaar) en
Sienior (15-18 jaar)
Dit sluit onder andere ‘n teoretiese
vraestel, was, voorbereiding en vertoon
van die betrokke diere in – voorwaar ‘n
kuns wat kennis, vaardigheid,
konsentrasie en deursettingsvermoë
van die jong deelnemers vereis om nie
eers te praat van die spesiale toerusting, sjampoe, politoer, haarsproei,
borsels, kamme en ander spesiale
goetertjies wat in die verskillende