Deur Ernst HW Baard
CAPENATURE
Die voortbestaan van die mens hang ten nouste saam met die beskikbaarheid
van en die hoeveelheid natuurlike en geproduseerde hulpbronne wat ons
lewenswyse ondersteun
W
ater, voedsel en die
vermoë om beide
op ‘n volhoubare
wyse in die
toekoms te produseer, gaan die
verskil wees tussen wen of verloor.
Daar kan geen twyfel wees dat die
produksie van voedsel een van die
belangrikste aspekte van ons lewenswyse en voortbestaan is nie, en
daarmee saam, die behoefte aan
landbougrond om hierdie produksie vol te hou. Die beskikbaarheid
van water, die vermoë om dit te
verseker vir die langtermyn, en
voortdurende navorsing om die
beste moontlike maniere te ontwikkel om landbouproduksie volhoubaar te laat gebeur, is uiteraard hoë
prioriteite.
Dit staan egter soos ‘n paal bo water dat Suid-Afrika se bevolking
teen ‘n tempo groei wat nie noodwendig tred hou met die produksie
en beskikbaarheid van voedsel nie,
en daarom word syfers aangehaal
dat sowat 50% van die bevolking
nie genoeg voedsel het nie. Dit is
ontstellend wanneer ander syfers
aandui dat tot 98% van die
beskikbare water in Suid-Afrika
reeds toegewys is aan die een of
ander sektor, gegewe die feit dat
Suid-Afrika as ‘n water-arm land
geklassifiseer word. Wat egter
gerusstellend is, is dat ten minste ‘n
gedeelte hiervan reeds aan die
omgewing toegeken is, dit wil sê,
die omgewing wat ons lewenswyse
met die produksie van vars en
skoon drinkwater, skoon lug,
varswaterhulpbronne, ens. voorsien, het ten minste sy deel gekry.
Sonder hierdie toedeling sal ons
riviere droogloop, ons vleilande bar
lê en ons riviermonde geen bydrae
lewer tot omgewingsvolhoubaarheid nie – meer hieroor ‘n bietjie
later.
Omdat water nodig is vir voedselproduksie en voedselproduksie
op sy beurt die beskikbaarheid van
water beïnvloed, kan mens logies
aflei dat ‘n balans verkry moet
word tussen hoeveel water rederlikerwys uit die omgewing getap
kan word en hoeveel daarvan gebruik kan word. Wanneer ons die
Wes-Kaapse landskap beskou, merk
mens op dat die bergopvanggebiede soos die Cederberge, Grootwinterhoekberge, Bolandse berge,
Langeberge, die Outeniekwas en
Swartberge logies beskou kan word
as die sognaamde “waterfabrieke”
van die Wes-Kaap. Uit hierdie
opvangebiede of “rivierbekkens”
word vars, skoon drinkwater volhoubaar op ‘n permanente wyse
geproduseer, en die rivierstelsels
wat die landskap deurvloei bring
lewe aan almal. Die vleilande wat
netwerke in die laaglande vorm,
absorbeer vloede en stormwater in
nat tye waarna die water dan in
droë tye stadig, maar volhoubaar,
vrygelaat word om water vir mens,
dier en omgewing te verskaf.
Hierdie “dienste” wat die
omgewing ons (gratis) bied word
deesdae algemeen as
“ekosisteemprodukte en –dienste”
beskou, en ons berge, riviere,
vleilande, riviermondigs en ander
natuurlike gebiede staan bekend as
“ekologiese infrastruktuur”.
Ongelukkig is dit so dat baie van
ons ekologiese infrastruktuur deur
indringerplante ingeneem is of
beskadig is deur ondeurdagte ontwikkeling. Navorsing het bewys
dat die beskikbaarheid van water
deur hierdie faktore betekenisvol
geaffekteer en verminder word.
Daar word byvoorbeeld beraam dat
in Suid-Afrika sowat 10 miljoen