Santam Landbou
herbevestig verbintenis
tot versekering van vrugte
Schalk Schultz
Santam Landbou, die grootste versekeraar van oeste en vrugte in Suid
Afrika bevestig weereens sy verbintenis tot die versekering van vrugte in
Suid Afrika.
“D
ie volhoubare versekering van vrugte verg
spesialis onderskrywingskennis en
tegniese kundigheid en dit kan produsente
duur te staan kom om hul oeste te verseker
by ‘n versekeraar wat nie oor hierdie kundigheid beskik
nie,” sê Schalk Schultz, Bestuurder Besigheidsontwikkeling: Oesversekering .
Santam Landbou is die oudste versekeraar van oeste in
Suid Afrika en verseker reeds vrugte vir baie jare. “Ons
het kundige en ervare personeel in elk van die erkende
vrugte- produksieareas in Suid Afrika en Namibië,” sê
Schultz. Hierdie personeel het baie jare ondervinding en
is spesialiste in die versekering van vrugte en die
akkurate bepaling van skades daarop. Santam se
vrugtespesialiste diens jaarliks die versekering op
gemiddeld meer as 10 miljoen vrugtebome en 3 000
hektaar druiwe.
Volgens Schultz word hierdie veldpersoneel ondersteun
deur Santam Landbou se besigheidsondersteunings
afdeling in Bloemfontein waar eise verwerk word en
gemiddeld binne sewe dae aan die versekerde uitbetaal
word.
“Elke vrugteprodusent streef daagliks daarna om ‘n
produk van kwaliteit te lewer aan die einde van die
seisoen, waarom dan tevrede wees met tweede beste as
dit by die versekering van jou vrugte kom,” sê Schultz.
Bel dus vandag nog jou makelaar of naaste Santam
Landbou verhoudingsbestuurder vir die lewering van ‘n
kwotasie en professionele advies ten opsigte van die
versekering van jou vrugte.