Agri Kultuur October / Oktober 2014 | Page 50

Deur Karin Theron G oeie navorsing oor waar ‘n lid die beste mediese dekking teen die mees bekostigbare prys kan kry is deesdae uiters belangrik. Kies die Regte Plan Feite waaroor lede sekerheid moet hê is onder andere:  teen watter tarief Binne-hospitaal betaal my opsie vir Spesialiste?  watter addisionele bybetalings is van toepassing op prosedures binne die hospitaal?  vorm tandheelkundige- en dagprosedures deel van ‘n fonds se risiko komponent of is die lid self vir die uitgawes verantwoordelik? Mediesefondslede kan kies tussen die volgende:  Hospitaalplan,  Hospitaalplan met ’n spaarkomponent (nuwe generasie fonds),  Omvattende planne,  Tradisionele planne (limiete van toepassing op buite hospitaal voordele bv tande, brille, pille ens) en;  Netwerk (Kapitasie) planne. ’n Hospitaalplan dek wel hospitalisasie-uitgawes, maar uitbetalings wissel volgens die fonds-reëls. Fondse se tariewe is nie noodwendig dieselfde as die van die spesialis tydens hospitalisasie nie. Indien ’n spesialis meer vra as die voorgeskrewe mediese fonds bedrag, moet die surplus uitgawes self deur die lid betaal word. Lede is verder verantwoordelik vir dag-tot-dag uitgawes soos dokters- of voorskrif uitgawes. ’n Hospitaalplan met ’n spaar komponent werk volgens dieselfde beginsel as die hospitaalplan met die verskil dat daaglikse uitgawes soos dokters- of tandarts besoeke uit die spaar komponent betaal word. Hospitaal-en-spaarplanne is nie noodwendig die koste doeltreffendste nie. Alhoewel kenners reken dat jong en gesonde lede dikwels die beste daaraan toe is met ‘n hospitaal-of-spaarplan omdat hulle selde siek word, kan ‘n siektetoestand wat onverwags toeslaan lede met die verkeerde mediese fonds in ‘n swak finansiële posisie laat. ’n Omvattende plan is die antwoord as jou hospitaalplan se spaar voordeel vinnig kwyn en jy ander dagtot-dag uitgawes het, of as jy spesifieke chroniese kondisies het. As die totale koste die van ’n omvattende plan oorskry, kan ’n verandering na laasgenoemde die lonendste wees. Tradisionele planne, is ‘n opsie waar ‘n Lid jaarlikse limiete beskikbaar het vir Buite Hospitaal voordele byvoorbeeld: tande, brille, konsultasie en akute medikasie. Limiete is nie oordraagbaar soos by ‘n opsie met ‘n spaar komponent nie. Netwerk planne, ook genoem Kapitasie planne. Met hierdie plan word 'n lid se premie bepaal volgens sy/ haar inkomste. Met die tipe plan word die lid beperk tot sekere gelyste privaat hospitale asook dokters(GP’s), tandartse en oogartse. Hierdie diensverskaffers moet