Artikel verskaf deur PANNAR
Verbeterde genetika en tegnologie plus Suid-Afrikaanse boere se bestuursvernuf sal hulle toenemend bemagtig om meer volhoubare mielieproduksie
selfs onder minder gunstige landboutoestande te kan bedryf.
M
et ʼn groeiende
wêreld bevolking sal
plantetelers onder
andere ʼn haas uit
die hoed moet trek om aan die
groeiende bevolking se behoefte te
voldoen. Dit is moontlik indien al
die voordele van verbeterde genetika, tegnologie en gevorderde
landboupraktyke ten volle benut
word.
Om aan die toenemende vraag te
voldoen mag dit beteken dat
sommige van die bewerkbare grond
wat tans as marginaal geklassifiseer
is en nou vir ander doeleindes
aangewend word, weer vir graanproduksie aangewend kan word.
Moderne tegnologieë, gerugsteun
deur goeie bestuursvernuf, sal
produsente bemagtig om gewas-
produksie volhoubaar selfs onder
minder gunstige toestande te kan
bedryf.
Gevorderde teeltegnologieë
ontwikkel vinnig en stel ons in staat
om die voordeel uit ons genetika te
verhoog, deur die konvensionele
planteteeltprosesse aansienlik te
verkort en die teelproses doeltreffender en meer akkuraat te
bedryf.
Hierdie ontwikkelings is nie noodwendig GMO gerig nie. Pannar
voorsien ’n toename in die gebruik
van natuurlike gene wat agronomiese eienskappe soos verbeterde droogte- en siektebestandheid
asook beter graangehalte en
spesifieke voedingswaardeeienskappe, verleen. Tegnologiese
onwikkelings, insluitende meer
doeltreffende waterverbruik deur
die plant, kan gebruik word om
besproeiingsdoeltreffendheid en
dus energiebesparings te verseker,
dit hou ook belowende moontlikhede vir droëland aanplantings in.
Die uitstekende toekoms wat
Pannar vir mielies, sonneblom,
sorghum, sojabone en koring
voorsien, spruit grootliks uit ’n
groeiende wêreldbevolking. Na
skatting gaan dit van die huidige 7
biljoen tot 9 biljoen teen 2050
toeneem. Afrika se bevolkingsgroei
word geprojekteer om oor dieselfde
tydperk van ongeveer 800 miljoen
na 2 biljoen mense te vermeerder
en sal dan ongeveer 22% van die
wêreldbevolking uitmaak. Soos
lewenstandaarde verhoog, veral in
die ontwikkelende wêreld, verander