hektaar grond deur indringerplante
ingeneem is, wat beteken dat
waterafvloei met sowat 3,3 biljoen
kubieke meter verminder word (dit
is bo en behalwe die water wat
deur inheemse plantegroei verbruik
word). Hierdie syfer is ongeveer 7%
van die landswye totale waterafvloei!
As die beskikbaarheid van water
dan die volhoubare produksie van
voedsel en ander landboubehoeftes
krities beïnvloed, onstaan die vraag
hoe mens dan ‘n gesonde balans
kan handhaaf tussen landboubehoeftes en voedselsekerheid aan die
een kant, en die volhoubaarheid
van die omgewing wat aan ons
hierdie noodsaaklike
ekosisteemdienste verskaf soos
skoon, varswater, skoon lug,
vloedbeheer, bestuiwingsdienste,
besoedelingsbeheer, ens. aan die
ander kant?
Ons moet ook nie vergeet dat
gesonde ekostelsels wat ons in en
om ons bewoonde en bewerkte
gebiede aantref, sorg dat hierdie
ekosisteemdienste volhoubaar bly.
Wanneer ekostelsels beskadig,
oorbewei en toegelaat word om
stadig maar seker agteruit te gaan,
torring ons aan die basiese wese
van hierdie onderhoudstelsels wat
ons lewenswyse ondersteun. Ongelukkig is dit so dat daar ‘n punt of
‘n onderste drumpel is waar
ekostelsels ingee en as dit eers
verby daardie punt is, kan dit nie
meer hierdie dienste verskaf nie. In
hierdie verband is dit dus belangrik
dat bedreigde en krities-belangrike
habitatte, ekostelsels en ander
ekologiese infrastruktuur, asook
gebiede wat noodsaaklik is om
hierdie ekostelsels te ondersteun
(soos belangrike wateropvangebiede en voedingsterreine vir riviere
en vleilande) geïdentifiseer en gekarteer, en in sommige gevalle
gerestoureer word, sodat beskermingsmaatreëls in plek geplaas kan
word om dit te beskerm. Een van
hierdie belangrike maniere is biodiversiteit-voogskap waar grondeienaars, waarvan baie boere is, ‘n
baie belangrike en onskatbare
bydrae lewer.
Wat my betref lê die antwoord in ‘n
eenvoudige sommetjie: omdat alles
so ineengeskakel is, as ons eerstens
kan verseker dat ons genoeg water
uit ons bergopvanggebiede kan
produseer deur indringerplante te
beheer en goeie ekologiese
brandbestuur (veral in die fynbos)
kan toepas. Tweedens, dat belangrike en lewens-ondersteunende
ekologiese infrastrutuur soos riviere, vleilande en belangrike natuurlike habitatte gesond, behoue en
beskerm bly en derdens dat ons op
‘n slim manier landbou-produksie
maksimiseer en voedselsekerheid
verseker sonder om die basis hiervan (die omgewing) te beskadig,
is daar ‘n t oekoms vir almal.
In hierdie verband is CapeNature as
die Wes-Kaapse natuurbewaringsagentskap, baie opgewonde
oor en ondersteun ons baie belangrike inisiatiewe soos die Biodiversiteit-en-Wyn Inisiatief, en ander
innoverende aksies en inisiatiewe in
die sitrus-, rooibos, volstruis- en
aartappelbedrywe wat vir almal
hoop gee dat ons hierdie ding kan
regkry. Die behoud van ekologiese
infrastruktuur op landbougrond om
gewasverbouing te ondersteun is
myns insiens net so belangrik as om
die regte gewas in die grond te kry
sodat ons genoeg kos kan hê.
Ek is oortuig daarvan dat die
grondeienaar, landbouer of reguleerder wat hierdie prentjie in sy of
haar kop bymekaar kan sit, ‘n
bydrae sal lewer tot hierdie balans
waarna ons soek. Dit kan nie die
een of die ander wees nie. Ons in
die biodiversiteitsbedryf en die
landboubedryf sal moet saamstaan
as ons kinders se kinders eendag
genoeg water en kos wil hê, asook
‘n gesonde omgewing wat hierdie
alles ondersteun – dit raak laat in
die dag.
Gesonde natuurlike veld kan baie waarde toevoeg tot landbou-aktiwiteite deur die verskaffing van
ekosisteemdienste soos skoon drinkwater, vloedbeheer en bestuiwing.”
Foto : Cape Nature
Foto : Cape Nature