Agri Kultuur November 2018 | Page 48

entiteit wat nie vir BTW geregistreer is nie, daar hereregte betaalbaar is op die koopprys, maar dat die geagte BTW weer teruggeëis kan word op die koopprys. Dividendbelasting: Dividendbelasting het op 1 April 2012 die ou sekondêre belasting op maatskappye, wat 10% beloop het, vervang teen ʼn koers van 15%. Dit is vanaf 22 Februarie 2017 verhoog na 20%. Daar is nie dividendbelasting betaalbaar waar een maatskappy dividende aan ʼn ander maatskappy betaal nie. Produsente moet in oorleg met hulle rekenmeesters/raadgewers kyk of hulle nie die aandeelhouding in maatskappye wat dividende uitbetaal eerder in maatskappye as in trusts of in hulle eie name moet hou nie. Solank hulle die maatskappy se opbrengs gebruik en nie weer uitkeer as ʼn dividend aan die aandeelhouers nie, sal hulle dan 20% dividendbelasting spaar op die dividende. Dit is egter belangrik om die effek wat bogenoemde skuiwe op boedelbelasting en kapitaalwinsbelasting kan hê, in gedagte te hou. Ander belastings: Dan is daar ook nog ander belastings soos die Padongelukfonds wat van 45c/liter in 2008 gestyg het na R1.93/liter in 2018, en die brandstofheffing wat van R1,27/liter in 2008 gestyg het na R3,37/liter in 2018. In totaal het die heffings op brandstof dus in 2008 R1,72/ AgriKultuur |AgriCulture liter beloop teenoor R5,30/liter in 2018. Aksynsbelasting op sigarette en drank word onder andere ook jaarliks baie verhoog terwyl daar ook nuwe belastings ingestel is soos die belasting op plastieksakke en suiker. Daar is weinig wat produsente aan die uitwerking van die ander belastings kan doen behalwe om ʼn gesonder leefstyl aan te kweek deur meer te stap en fiets te ry, minder te rook en te drink, en ʼn lae-suikerinhouddieet te volg. Dit is duidelik uit bogenoemde dat die las op belastingbetalers al swaarder raak, en dit word dus al hoe noodsaakliker vir produsente om gereeld met hulle rekenmeesters/raadgewers te besin of die huidige strukture waarin hulle besighede bedryf word, steeds die beste en mees belastingvriendelike manier is om handel te dryf. Arnand Stofberg – B Agric Admin (US); B Compt (UNISA) Direkteur: BVSA Worcester (Edms) Bpk; BVSA Rekenmeesters (Edms) Bpk Tel: 02334 22374 Epos: [email protected] Bostaande is slegs ter inligting en is geensins advies nie. BVSA raai alle lesers aan om met ‘n kundige finansiële adviseur in verbinding te tree voordat enige besluite geneem word. 48