Agri Kultuur March/ Maart 2016 | Page 89

geesteswetenskappe en ekonomie. Dit raak aan ʼn breë verskeidenheid onderwerpe wat betrekking het op die komplekse probleem van volhou -baarheid in die landboubedryf. Deur die kursus pak die studente vrae soos: Hoe voed ons die wêreld terwyl ons steeds ekostelseldienste en maatskaplike gelykheid en regverdigheid in stand probeer hou? Lê antwoord vir die wêreld se voedsel-probleme in organiese landbou? Hoe het die geskiedenis van Apart-heid die landboulandskap beïn-vloed, en hoe kan ons hindernisse aanspreek wat in die pad staan van ontluikende swart kleinboere? Die eerstejaar-modules sluit in: ‘n inleiding oor stelseldenke en aspekte rondom kompleksiteit; aspekte rondom volhoubare grondbestuur, veeteelt, plantproduksie en beskerming; biometrie; biodiversiteit en ekostelsel-dienste in agrilandskappe; sosiologiese en ekonomiese aspekte rondom volhoubare landbou; stelselanalises en simulasies; en ‘n analise van grondgebruikstelsels. In hul tweede jaar spits studente hulle toe op individuele navorsingsprojekte. Om meer oor die program uit te vind: Prof Kennedy Dzama Spanleier: Volhoubare Landbou Suid-Afrika. Uitgelese Professor en Voorsitter van die Departement Veekundige Wetenskappe Fakulteit Agriwetenskappe, Universiteit Stellenbosch [email protected] 021 808 4740 Julia Harper Bestuurder: Universiteit Stellenbosch Voedselsekuriteitsinisiatief +27 (0)725350204 [email protected] www.sun.ac.za/foodsecurity Die eerste studente om ‘n MSc-graad in Volhoubare Landbou te ontvang is (van links) Busi Mahlobo, Sakeus Kafula, Tshepo Morokong, Zander Venter en Tawanda Marandure. Foto: Verskaf