Agri Kultuur March/ Maart 2016 | Page 88

Engela Duvenage U niversiteit Stellenbosch graduandi Busi Mahlobo, Sakeus Kafula, Tshepo Morokong en Zander Venter is almal pioniers, aangesien hulle onder die eerste studente in Suid-Afrika is om die graad MSc Volhoubare Landbou agter hul name te skryf. Hulle het op Maandag 14 Maart hul grade tydens die Maart-gradeplegtigheid van die Universiteit Stellenbosch ontvang. In Desember 2015 het Tawanda Marandure die voortou geneem deur die eerste student te word om hierdie graad te behaal. Die studente het almal in 2014 ingeskryf toe die MSc-program in Volhoubare Landbou van stapel gestuur is. Dit is ʼn inisiatief tussen die Fakulteit Agriwetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch, Wageningen Universiteit Navorsing in Nederland, en Conservation South Africa. “Met vanjaar se droogte, voedselprysstygings en nuwe markkompleksiteite weens byvoorbeeld die AGOA handelsooreenkoms, kon hierdie graduandi nie op ʼn beter tyd gekwalifiseer het nie,” sê ʼn trotse prof Kennedy Dzama, spanleier van Volhoubare Landbou SuidAfrika en voorsitter van die Depar- tement Veekundige Wetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch. “As toekomstige praktisyns en beleidmakers vir ons land se voedselstelsel, is hulle nou beter toegerus om komplekse en omstrede onderwerpe soos klimaatsverandering, geneties aangepaste voedsel, voedselafval, grondhervorming en vele meer te hanteer.” Werkgeïntegreerde Leer-module as basis, en neem werklike gevalle onder die loep. Daardeur werk studente saam met ʼn industrievennoot – Distell in die geval van die 2014 inname – om ʼn navorsingsvoorstel te ontwikkel wat ʼn relevante bedryfsverwante probleem aanspreek. Dit vorm ook die basis vir hul mini-tesisse. “Ons is ontsettend bly oor hierdie mylpaal, en ook opgewonde oor die feit dat al ons studente hul grade in ‘n goeie tyd voltooi het,” voeg prof Dzama by. Die graduandi moes vir Distell help om die verlies aan biodiversiteit en die geleidelike agteruitgang van grond in talle Wes-Kaapse wingerde op te los. Hulle het sodoende die moontlike gebruik van inheemse plante as dekgewasse in wingerde ondersoek. Onderhoude is met ʼn aantal boere gevoer oor wat hulle as die ideale dekgewas beskou. Dit is gevolg deur ʼn intensiewe literatuurstudie, besoeke aan botaniese tuine waarin inheemse plante groei en onderhoude met bewaringskundiges en wingerdboukundiges. ʼn Hele aantal inheemse plante is in die proses geïdentifiseer wat as dekgewasse gebruik kan word om die biodiversiteit in wingerde te verhoog en daarby ook gronddegradasie aan te spreek. “Hierdie jong wetenskaplikes is toegerus met ʼn hele aantal kwantitatiewe instrumente om probleme en kwessies in landbou volgens ʼn stelsel- en transdissiplinêre benadering aan te pak,” verduidelik Julia Harper, bestuurder van die Universiteit Stellenbosch Voedselsekuriteitinisiatief, en deel van die projekbestuur van die program. “Hulle het ʼn aantal kwessies bestudeer, wat wissel van die volhoubaarheid van waardekettings in kleinboergemeenskappe, tot dié van grootskaalse kommersiële boerderybedrywighede.” Die teoretiese basis van die program het ‘n unieke Meer oor die MSc-program: Die program bestaan uit modules vanuit die natuurwetenskappe,