Agri Kultuur March/ Maart 2016 | Page 71

dat sy om die nominasie genader is, al vir die Here gevra om vir haar “’n nuwe uitdaging te gee”. Sy glo vas dat hierdie uitdaging en die geleentheid om ‘n verskil te maak, deel is van God se groter plan. Volgens Preline is boere uit hoofde van dit wat hulle doen, nou maar eenmaal uitgelewer aan die wispelturigheid van die natuur en lewe hulle van dag tot dag, by wyse van spreke, “tussen aarde en hemel.” Om hierdie rede het sy verduidelik, is dit, veral in dié streke wat so erg gebuk gaan onder droogtes, tog wel belangrik om altyd hoopvol te bly en om “eerder hoop as negatiwiteit oor jou lewe uit te spreek”. Beter begrip vir mekaar se probleme, gereëlde onderlinge kommunikasie en “hande vat” is in Preline se oë deel van die gedeelde pad vorentoe. Om die tafel saam met die mielieboere van die Noorde So vertel Preline, het sy by die konferensie gekies om nie by bekendes aan die tafel te gaan sit nie en om die geleentheid om langs hierdie weg nuwe kennisse met eiesoortige probleme te ontmoet , met albei hande aangegryp. Volgens haar het dit net eenvoudig haar teorie dat “onbekend onbemind maak” en dat boere oor streeks- sowel as rassegrense na mekaar moet uitreik, bevestig. Alhoewel sy as verteenwoordiger van die sg. “opkomende boere” die ondervoorsitterstoel deel met Mnr Andries Theron, voel Preline baie sterk daaroor dat hulle aan die einde van die dag “almal net boere is” met gedeelde aspirasies en gedeelde hoop vir die toekoms. ‘n Propvol program maar daar is plek vir nog meer… Preline dien op beide die uitvoerende komitee en die dagbestuur en haar dagboek is reeds propvol uitdagings! Op ‘n vraag of sy steeds vir almal kans sien, antwoord sy getrou aan haar aard positief. Sy het trouens sommer al met die intrapsalg, skaars 24 uur nadat hulle op die snikwarm Vrydag 4e Maart van Kaapstad af op Bredasdorp aangekom het, op uitnodiging en as ‘n spesiale gas, op Saterdag 5 Maart ‘n program vir boere op Swellendam gaan bywoon. En haar lidmaatskap en betrokkenheid by die plaaslike VLV tak? “Ononderhandelbaar”, kom die vinnige antwoord en ‘n nagedagte. Preline wou eintlik ook nog hierdie jaar se VLV kongres gaan bywoon het want in 2017 is dit Bredasdorp se beurt - nog ‘n uitdaging waarin Preline Swart as VLV lid en bestuurslid, dolgraag sou wou deel!”