Agri Kultuur March/ Maart 2016 | Page 64

wei. Weidingtoekenning is die hoeveelheid weiding wat vir die dier beskikbaar gestel word, nie noodwendig die hoeveelheid wat die dier ingeneem het nie. Ons het gepoog om die naweihoogte tussen ‘n diskmeterlesing van 10 en 12 (óf 5 tot 6 cm) te handhaaf. Dit verseker dat die weiding nie onder- of oorbewei is nie én dat die dier genoegsame weiding ingeneem het. Die kikoejoe- en raaigras-fraksie gedurende die laat-somer (Studie 1) was baie dieselfde (40%). Dit is vir die rede dat meerjarige raaigras nog sterk teenwoordig is in die somer-maande. Die raaigras-fraksie gedurende die vroeë-lente (Studie 2) was baie dominant teenoor die kikoejoe-fraksie. Dit is die beste tyd van die jaar vir raaigras. Studie 1 – Kikoejoe Studie 2 – Meerjarige raaigras 1760 1931 Weidingtoekenning (kg DM/koei/dag) 12 12 Diskmeterhoogte - voorwei (1 eenheid = 0.5 cm) 23 24 Diskmeterhoogte - nawei (1 eenheid = 0.5 cm) 11 12 Kikoejoe-fraksie 40 6 Raaigras-fraksie 43 69 Peulgewas-fraksie 0 8 Ander gras-fraksie Onkruid-fraksie 10 6 16 1 Weidingopbrengs (kg DM/ha) Botaniese samestelling (%) op DM basis Tabel 1: Weidingopbrengs, -toekenning en –beskrywing van kikoejoe gedurende laat-somer (Studie 1) en van meerjarige raaigras in die vroeë-lente (Studie 2) Die waargeneemde melkproduksie en liggaamskondisie van Jerseykoeie wat verskillende suiwelkragvoerpeile tydens beide studies ontvang het, word in Tabel 2 aangedui. Die aanvanklike melkopbrengs van koeie op kikoejoeweiding was 2.1 kg laer as die van koeie op die meerjarige raaigrasweiding. Dit is volgens verwagting, aangesien kikoejoeweiding oor die algemeen van ‘n laer weidingskwaliteit is as meerjarige raaigrasweiding. Indien Jersey-koeie geen suiwelkragvoer ontvang het nie, het hulle slegs 8.6 kg en 12.6 kg melk vanaf kikoejoeen meerjarige raaigrasweidings, onderskeidelik, geproduseer. Die kombinasie van koeie wat met 4 kg suiwelkragvoer op kikoejoeweiding gesupplementeer was, het die hoogste melkrespons van 1.45 kg melk/kg suiwelkragvoer gelewer. Die hoogste melkrespons op meerjarige raaigrasweiding was slegs 1.13 kg melk/kg suiwelkragvoer, weereens teen ‘n suiwelkragvoerpeil van 4 kg. Melkrespons reageer dus beter op lae-kwaliteit weiding, soos kikoejoe. Wat ook ten vore kom is dat koeie op die 4 kg suiwelkragvoerpeil die hoogste melkrespons in beide studies gehad het. Dit moet egter in gedagte gehou word dat melkrespons deur verskeie faktore soos weidingkwaliteit,-toekenning en –bemesting beïnvloed word, daarom moet hierdie waardes slegs as ‘n riglyn gebruik word. Bottervet- en melkproteïeninhoud was onveranderd vir koeie op meerjarige raaigrasweiding teen verskillende suiwelkragvoerpeile. Die bottervetinhoud van koeie op kikoejoeweiding wat 8 kg suiwelkragvoer onvang het, was egter laer as koeie op die 4 kg suiwelkragpeil. Die liggaamskondisie en -massa van koeie wat meerjarige raaigras gewei het was onveranderd tydens die proefperiode, onafhanklik van die kragvoerpeil. Koeie wat met 8 kg suiwelkragvoer op kikoejoeweiding gesupplementeer was, het egter meer liggaamskondisie en – massa opgetel as teen laer peile.