kort weiperiode blyk dus nie nadelig vir die plant te wees indien
die veld weer lank genoeg daarna rus nie, maar hiervoor word
baie kampe per trop benodig
Vermy dus lang weiperiodes van
‘n kamp indien moontlik. Na 4
weke se ontblaring op ‘n weeklikse of elke tweede week basis,
het die wortelgewig drasties begin afneem (ongeag optimale
groudwater of waterstremming).
‘n Weiperiode van langer as ‘n
maand begin gevaartekens toon
vir die smaaklike weiplante se
volhoubaarheid.
Waterstremming (droogte) het
‘n groter impak op wortelafsterwing as alleenlik ontblaring en
daarom moet die twee aspekte
altyd saam beskou word. In
groot dele van ons weiveldgebiede is ‘n droogte meer die reël
as die uitsondering en daarom
moet hierdie krisisse baie goed
bestuur word. Die resultate het
duidelik uitgewys wat ‘n geweldige impak ontblaring saam met
‘n droogte vir wortelgroei inhou.
‘n Swak verspreide wortelstelsel
maak die plant nog meer
droogte-sensitief en gevolglik
gee dit aanleiding tot ‘n nievolhoubare weidingekosisteem.
Alhoewel oor die algemeen daar-
op staat gemaak kan word dat
‘n volle groeiseisoensrus nadelige gevolge van ontblaring
weens lang weiperiodes weer sal
ophef, mag dit volgens hierdie
studie dalk steeds te kort wees
vir smaaklike plante om te herstel en groeikrag ten volle te kan
herwin. Dit is duidelik uitgewys
dat, sou smaaklike grasse te
periodiek ontblaar word, die
wortelstelsel sodanig benadeel
word dat ‘n veel langer as ‘n
vollegroeiseisoen se rus dalk
benodig mag word, uitgesluit
ook nog die impak van ‘n
droogteperiode daarop.
Gesonde weiveldbestuur draai
alles rondom die handhawing
van die groeikrag van die sleutelweiplante. Net soos ‘n veeboer
se strewe ‘n hoë speenpersentasie is, so behoort ‘n konstant
groeikragtige weiveld ‘n hoë
prioriteit by die veeboer te wees.
Hierdie kan alleenlik verwesentlik
word met ‘n goed ontwikkelde
wortelstelsel wat ‘n uitvloeisel is
van lang genoeg rusperiodes
wat die weiveld na ontblaring
ontvang. Hou altyd ingedagte
dat wortelgroei tweede in die
tou staan as dit kom by die gebruik van beskikbare groeireserwes (bogrondse groei geniet
voorkeur) en sal die plant gevolglik net groei met ‘n surplus
groeireserwes tot sy beskikking.
Ontblaringsintensiteit en –frekwensie se invloed op wortelgroei en produktiwiteit is, behalwe vir die variërende grondwatertoestande (droogte), ook
nog ‘n funksie van die tipe
grasplant. Hierdie studie het
slegs rooigras as voorbeeld van
‘n smaaklike gras ingesluit en
mag die impak van ontblaring en
droogte op ander grasse se produktiwiteit dalk nog meer of
minder drasties wees. Hierdie
navorsing behoort dus uitgebrei
te word na ander sleutel- of
indikatorweiplante.
Waar die beginsel van korter weiperiodes toegepas word, neem die
totale lek-inname per kop in die
meeste van die gevalle ook af, teenoor ‘n lang weiperiode per kampbenadering. Tydens lang weiperiodes word die smaaklike grasse,
met gewoonlik die hoogste voedingswaarde, eerste benut wat dan
noodwendig opgevolg word deur
die benutting van minder smaaklike
plante met ‘n laer voedingswaarde
en vandaar ‘n afname in diereproduksie/kondisie.
Gids tot volhoubare produksie van weiding
Die gewilde weidingboek saamgestel deur professor Hennie Snyman
(Departement Vee-, Wild- en Weidingkunde, Universiteit van die
Vrystaat) is pas herdruk.
Beskikbaar by: [email protected]
Tel 021 4064962
R400
plus
posgeld
Kan ook direk elektronies bestel word deur te gaan na:
www.landbou.com
Gaan heel na “winkel”, en kies dan “weidingboek.”
Die boek kan dan met ‘n Kredietkaart bestel word.
‘n Moet vir elke vee- en wildboer!