wortelgewig herstel het indien dit
na die laaste ontblaring vir 4 weke
nie verder ontblaar was nie.
Indien die grasse elke tweede week
ontblaar word (6 weke in die
Figuur) sal wortelherstel vir 25 en
50 mm hoogtes tot onderskeidelik
slegs 40 en 50% herstel het, opgevolg deur 4 weke van geen
ontblaring. Dit moet verder afgespeel word teen die feit dat hierdie
onder optimale grondwatertoestande plaasgevind het. Indien dit ook
nog onderhewig sou wees aan
droogtetoestande, behoort die
herstelperiode nog veel langer te
duur. Daar is reeds in ‘n vorige
artikel uitgewys dat waterstremming se impak op wortel-afsterwing
veel groter is as die van slegs ontblaring. Na twee weke se herstel het
besonder baie nuwe wortels heel
aan die onderpunt van die grasse se
wortelstelsel sigbaar begin ontwikkel (Foto 1).
Praktiese implikasies vir veeboer
Dit was nie my bedoeling om bestuursbenaderings gebaseer op
langer weiperiodes tydens die
vorige artikels rondom wortelgroei
te kritiseer of totaal af te skiet nie,
maar wou die klem eerder laat val
op voldoende rusperiodes van ‘n
kamp na ontblaring. Sekere plase
beskik ongelukkig oor ‘n beperkte
aantal kampe per trop, wat korter
weiperiodes onmoontlik maak.
Hierdie wortelstudie reeks se wetenskaplik gefundeerde bevindinge
bied slegs riglyne wat die werklike
impak van té lang wei-periodes beklemtoon. Die resultate kan wel as
handige riglyne dien om die voordele van meer kampe per trop uit te
wys. Die belangrikheid van die wortelstelsel binne die volhoubare
funksionering van die weidingekosisteem kan ongelukkig nie oorbeklemtoon word nie. Gevolglik
moet kennis geneem word van
beide intensiteit en frekwensie van
ontblaring, asook waterstremming
se impak op wortelgroei en –ontwikkeling en uiteindelik op die
produktiwiteit van die weidingekosisteem wat daarmee gepaard
gaan. Alhoewel wortelgroei nie ‘n
direkte bydrae tot die weiveld se
produksie maak nie, is die indirekte
bydrae van onskatbare waarde vir
die veeboer se oorlewing. Veeboere
moet spreekwoordelik ondergronds
begin dink.
Op die oog-af mag dit blyk dat na
opheffing van ‘n droogte die weiplant wel gesond voorkom, maar
dit moet ingedagte gehou word dat
die groeikrag daarvan laer is weens
wortelafsterwing weens die droogte. Sulke weiveld gaan dus weens
die swakker groeikragtigheid
minder diere oor die korttermyn kan
Foto 1. Nuwe wortels aan onderpunt sigbaar na
herstelperiode toegelaat is.
akkommodeer. Verminder dus
vroegtydig diere ten einde die veld
steeds volhoubaar te benut.
Beweide kampe is oor die algemeen
meer droogte sensitief. Die rede
hiervoor is nie net die moontlike
wortelafsterwing weens ontblaring
nie, maar ook die mikroklimaat wat
verander. Die verwydering van
bogrondse plantmateriaal lei tot
groter blootstelling van die grond
teen die aanslae van elemente soos
reënval en temperatuur. Die groter
verdamping en hoër waterafloop
skep ‘n swakker groundwaterinhoud wat weer tot vinniger mensgemaakte droogtes aanleiding kan
gee. Hier volg ‘n paar riglyne vanuit
die wortelstudies verkry wat in
veldbestuursbeplanning verreken
moet word:
Dit blyk dat frekwensie van ontblaring ‘n veel groter impak op
die produktiwiteit van die weiplant as intensiteit het. Die 25 en
50 mm ontblaringshoogtes se
impak op wortelgewig was
statisties nie veel verskillend nie,
alhoewel 50 mm ‘n tog groter
afname getoon het. Indien frekwensie van ontblaring wel
hoog is (dus meer gereeld ontblaar word) begin die impak van
intensiteit wel eers werklik
sterker na vore tree. ‘n Eenmalige strawwe ontblaring oor ‘n
Foto 2. Mooi rooigrassaad/rooigrasveld van
naby gesien.