Agri Kultuur March/ Maart 2016 | Page 52

bakkies gelaai en weggery kan word nie. Produkte is nie altyd vermengbaar met mekaar nie en produsente moet dit met bemarkers bevestig. Vir optimale berging geld sekere voorwaardes om besoedeling te bekamp, sowel as om die lewe van die bergingstenk te verleng. Tenks wat byvoorbeeld onderdak staan hou langer as dié wat in direkte sonlig staan. Per definisie is daar ‘n duidelike onderskeid tussen helder oplossings en suspensies. Die definisie van ‘n suspensie is “’n vloeibare kunsmis wat opgeloste en onopgeloste voedingselemente bevat. Die onopgeloste elemente word in suspensie gehou deur middel van ‘n byvoeging, meestal ‘n swelbare tipe klei. Die suspensie moet kan vloei tot so ‘n mate dat dit gemeng, gepomp en uitspuitbaar moet wees deur ‘n toestel as ‘n homogene mengsel”. ‘n Suspensie moet gereeld geroer word om die inhoud homogeen verspreid te hou. Indien die produk te lank staan, kan die inhoud uitsak. Helder oplossing sê reeds alles, m.a.w. ‘n homogene helder deursigtige oplossing wat die nodige voedingselemente bevat en wat nie uitsak nie omdat die elemente Figuur 1: almal opgelos is en homogeen versprei is. Navorsingsdata toon aan dat een van die grootste voordele van vloeibare kunsmis die feit is dat alle voedingselemente in oplossing is, m.a.w. in water opgelos is. Wanneer water dus toegedien word deur die spilpunt beweeg kunsmis saam met die benattingsfront in die grond, in teenstelling met korrels wat uitgestrooi is, op die grondoppervlakte lê, en eers moet oplos. In ‘n studie in die VSA met mielies waar ‘n hoeveelheid P-kunsmis gebandplaas is, maar waar die hoeveelheid wat wateroplosbaar is, gewissel het van 14% (die kontrole) tot 100%, was die opbrengs by laasgenoemde ongeveer 2 keer meer as by die kontrole. Dit word in onderstaande Figuur 1 uitgebeeld. Navorsing toon ook dat gedurige toediening van ortofosfaat kunsmis (m.a.w. fosfaat) deur sproeibemesting gedurende die groeiseisoen, superieur is teenoor P wat eenmalig as basiese bemesting met plant toegedien is. In die algemeen is produsente bang dat vloeibare kunsmis skadelik sal wees vir spilpunte i.t.v. korrosie. Hierdie is ‘n belangrike aspek en dit is belangrik dat Die opbrengsverhogende effek van wateroplosbare P in kunsmis produsente nie net let op die pH van ‘n produk nie, maar ook op die verdunnings-pH in water. Hierdie waardes moet deur die verskaffer beskikbaar gestel word. Dit beteken dat ‘n sekere hoeveelheid water in ‘n laboratorium geneem word en waarby ‘n minimum hoeveelheid kuns mis gevoeg is en die pH gemeet word. So word aangehou en uiteindelik word ‘n kurwe verkry wat die reaksie van die betrokke vloeibare produk en water weerspieël en wys waar die ideale hoeveelheid water is waarmee die kunsmis veilig uitgespuit kan word sonder dat die spilpunt aan risiko blootgestel word. Hieronder in Figuur 2 word ‘n tipiese verdunningskurwe vir ‘n helder oplossing 3.1.2(20) HPHproduk voorgestel. Die bufferlyn is die pH-waarde wat as die afsnylyn beskou word vir gebruik in ‘n spilpunt. Ander basiese eienskappe van bg. produk is dat dit ‘n pH het van 6.7. Wanneer dit 250 keer met water verdun is, is die pH van die oplossing 6.9, m.a.w. ‘n