Agri Kultuur March/ Maart 2016 | Page 51

D ie definisie van sproeibemesting is “die toediening van kunsmis deur besproeiingswater om plante te bemes”. Die definisie kan verbreed word deur by te voeg dat dit ook ‘n manier is om plantvoedingselemente tot die grond te voeg, om grondstatus te verhoog, m.a.w. die klem nie slegs op plantvoeding alleen nie, maar ook op grondaanvulling. Nou hoekom sal enigiemand sproeibemesting wil doen as iets so eenvoudig soos korrels, uitgestrooi kan word? Hierdie is ‘n baie relevante vraag en die antwoord hierop is iets soos: “’n Mens kruip eers voordat hy kan loop.” Sproeibemesting d.m.v. vloeibare kunsmis het ‘n hele rits eienskappe en in die oorsig verder-aan word die vraag in meer detail beantwoord. Sidi Parani is ‘n kunsmismaatskappy, gesetel in Douglas, in die Noord-Kaap, wat op nasionale vlak funksioneer. Een van die sterk, trotse vermoëns van Sidi Parani is die beskikbaarstel van helder vloeibare produkte aan produsente, wat ook HPH-produkte (hoë pH-produkte), insluit. Die vraag is: “Is daar ‘n verskil tussen helder, HPH en suspensies, en is vloeibaar nie maar net vloeibaar nie?”. In die onderstaande paragraaf word enkele kenmerke van vloeibaar omskryf. Vloeibare kunsmis hanteer maklik Tenks, pompe en pype doen die werk van sakke en mense. Dit behels vinnige, maklike hantering van produk met minder vermorsing, dus arbeidsbesparend. Byvoegsels kan ingemeng word. Dit sluit o.a. produkte in soos mikro-elemente en opname-verbeteraars wat voor toediening ingemeng kan word en in so geval is die aksie kostebesparend t.o.v. addisionele toedieningskostes en arbeid. Vloeibaar het ‘n hoër agronomiese waarde Die vloeibare produk kan nie blus nie, en dit is ‘n absolute homogene chemiese mengsel. Om hierdie rede is toediening deur die spilpunt absoluut egalig en homogeen. Die vloeistof kan nie segregreer en klonte vorm nie. Alle voedingselemente is in water opgelos en is vinniger beskikbaar vir gewas-opname. Met vloeimeters is monitering en kontrolering van toediening maklik; verskaf dus akkurate kalibrasie. Vir diegene wat ook met vloeibare kunsmis wil plant, is daar verdere voordele, naamlik tydens ligte reën kan aangeplant word. Verder word vloeibaar nie nat soos korrelkunsmis nie. Dus kan daar kan met min arbeid selfs deurnag aangeplant word. Planttempo is ook vinniger. Uitsetkoste Vir aanvanklike omskakeling i.t.v. planters is die aanvanklike uitset groot, maar vir slegs die sproeibemesting opsie i.t.v. bo-bemesting deur die spilpunt, is die uitsette minimaal. Enkele ekstra toerusting is nodig. Vir die spilpunt bo-bemesting-opsie word baie min ekstra toerusting aangekoop. Indien die tenks by spilpunt middelpunte staan, moet dit telkens hervul word, wat beteken dat ‘n sleepwa met ‘n vervoertenk gebruik kan word vir die funksie, veral indien dit te nat is vir groot vragmotors om in te ry vir aflewering. Andersins word tenks by pompstasies opgerig waar aflewering met vragmotors makliker geskied. Verder, is vloeibaar nie so maklik om uit tenks “te verwyder” soos wat sakke op