M
onsanto het 10
nuwe mieliekultivars, twee wit en
agt geel, met
verhoogde opbrengspotensiaal vir
die 2016/17-plantseisoen bekend
gestel. Die bekendstelling was op
die maatskappy se proefplaas,
Rietgat, te Lichtenburg, wat deur
meer as 200 boere en hul gesinne
bygewoon is. Verdere bekendstellings vind op strategiese plekke in
die somersaaigebied plaas.
“Met nuwe genetika om meervoudige gewasproduksie en groeikragtigheid met verhoogde
opbrengspotensiaal ten doel te stel,
glo ons dat ons ’n bydrae tot die
verbetering van die landbou kan
lewer in ons pogings om
produktiwiteit op die plaas en
Hans Lombard
voedselkwaliteit te help verbeter,”
het Kobus Steenekamp, besturende
direkteur van Monsanto, tydens die
bekendstelling gesê.
Die nuwe kultivars is (wit) DKC7661B en DKC63-53; asook (geel)
DKC68-58BR, DKC68-56R, DKC7144B, DKC71-42, DKC74-74BR,
DKC74-26R, DKC65-52BR, DKC6454BR.
Sommige uitstaande eienskappe
van die kultivars is:
Nuwe genetika met uitstekende
opbrengspotensiaal.
Wyd aanpasbaarheid.
Stabiele prestasie oor
verskillende omstandighede.
Vinnige afdroging.
Goeie graankwaliteit.
Goeie siekteverdraagsaamheidpakket.
Goeie staanvermoë.
Meerkoppigheid.
DKC63-53 (wit) en DKC65-52BR en
DKC64-54BR (albei geel) is ultra
kort groeiseisoen kultivars spesifiek
geskik vir volbesproeiing, nie
minder nie as 80 000plante/ha.
Moderende planttipes en genetika
(enkelkoppig en enkelstammig)
ideaal geskik vir hoë opbrengspotensiaal van volbesproeiingspraktyke. Hulle is ook ideaal geskik
vir meervoudige gewasproduksie
waar twee oeste in een seisoen
afgehaal kan word. Byvoorbeeld,
nadat die mielies gestroop is, kan
koring geplant word.
Vir nadere inligting, kontak Gert
Heyns 082 388 0211.
By die bekendstelling van Monsanto se nuwe mieliekultivars te Rietgat, Lichtenburg, is van links:
Kobus Steenekamp, besturende direkteur, Monsanto, Suid-Afrika; John Mathew en eggenote Jenny;
Derek Mathew en sy eggenote Karin, almal vooraanstaande mielieboere van die plaas Silverton,
Lichtenburg; en Gert Heyns, bemarkingsbestuurder, saad en biotegnologie, Monsanto.
Foto Hans Lombard