Agri Kultuur March/ Maart 2016 | Page 42

Figuur 3: Die langtermyn data (2012-2015) vir die Swartland (Figuur 4), toon n goeie gemiddelde opbrengs van 3.76 ton/ha. Langtermyn data gee ‘n goeie aanduiding van kultivars wat in verskillende omgewings stabiele opbrengsvlakke kan handhaaf. Oor die vier jaar tydperk het die eerste vyf kultivars nie betekenisvol statisties van mekaar verskil nie, met SST 015 (3.89 ton/ ha) wat die hoogste opbrengs gelewer het. Figuur 4: Gesamentlike opbrengsprestasie van Swartland kultivars: 2012- 2015 Figuur 5: Gesamentlike opbrengsprestasies van Rûens kultivars: 2015 Rûens In Figuur 5 word die opbrengsprestasie van die kultivars in die Rûens (alle lokaliteite) gedurende 2015 aangedui. Die gemiddelde opbrengs oor al die 11 lokaliteite in die Rûens was 3.89 ton/ha, in vergelyking met die 3.10 ton/ha in die 2014 seisoen. Soos in die Swartland het die nuwe inskrywing, SST 0117 (4.23 ton/ha), die hoogste gemiddelde opbrengs gelewer. SST 0117 is gevolg deur die kultivars, SST 0147 en SST 087. Laasgenoemde twee kultivars se opbrengs het nie statisties betekenisvol verskil van SST 0117 nie.