Agri Kultuur June / Junie 2016 | Page 9

druk op jou mede-produsente om ook hulle standaarde te lig. Só dra jy by tot ‘n beter Suid-Afrikaanse landboubedryf.” betrokke geraak. Gesamentlik is ons tans besig met ‘n 140 ha tafeldruifontwikkeling in daardie gebied. Dié ontwikkeling word oor 3 jaar gedoen. “Modderdrift Boerdery bestaan uit ‘n paar verskillende eenhede wat deur die jare opgekoop is. Al die grond lê langs mekaar. Ons produseer in die Hexvallei op net ‘n bietjie meer as 100 ha tafeldruiwe. Ons is ook tans besig met ‘n nuwe ontwikkeling in die Brandwacht gebied naby Worcester. Beukes Broers Trust het einde Augustus 2015 die oorspronklike Brandwacht plaas in Brandwacht aangekoop. Ons het ook by nog ‘n gedeelte van Brandwacht, genaamd Ambiance, saam met Tobogo Mogashoa, ‘n sakeman en entrepreneur vanaf Johannesburg wat ook in die wildbedryf belê het, Ons is ook besig om ‘n “state of the art” pakhuis- en koelgeriewe by Brandwacht, op die been te bring.” Oor hul tafeldruiwe sê hy: “Ons streef daarna om met die regte kultivars te boer. Dit is belangrik om deurgaans seker te maak dat jy aan die verbruiker se behoeftes voldoen. Ons hele boerdery is derhalwe pitloos, met slegs die nuutste kultivars in die grond.” Hul boer gevolglik met arbeidsvriendelike kultivars wat goeie produksie lewer en reën in ‘n mate kan absorbeer en fokus op rooi-, swart- en wit pitlose kultivars. Die