Agri Kultuur June / Junie 2016 | Page 71

      landskapsargitekte kan ‘n bydrae lewer deur blomplante en struike op sypaadjies, by besighede, in stede en gemeenskaplike areas te plant. Moenie onnodig by-vriendelike onkruid verwyder nie. Voorbeelde hiervan is kosmosse en wilde radys Hoe groter die verskeidenheid by -vriendelike plante in ‘n area – hoe meer aangetrokke sal bye daartoe wees. Plant die plante naby mekaar – veral die van dieselfde soorte – sodat dit ‘n groot area bedek. Indien jou spasie beperk is, kies plante met blou, geel of pers blomme – bye gee voorkeur aan hierdie kleure. Geurige blomplante is ook beter as reuklose (of minder geurige) soorte. Plant blomplante wat op Foto: Chris Kriel      verskillende tye in die jaar blom – sodoende is daar reg deur die jaar vir die bye voedsel. Sit water uit vir die bye. Enige vlak bron van water – dammetjies is te diep – sal ook bye lok. Moet verkieslik nie plaagdoders gebruik nie. Indien dit nie vermy kan word nie, sprei die blomplante eerder na (of lank voor) die blomtydperk. Inheemse bome wat spesifiek deur byeboere aanbeveel word is Soetdoring, Karee, Vaderlandswilg, Huilboom, Haakdoring en Boom Fuschia. Kleurvolle inheemse plante sluit in: Agapanthus, Aalwyne, Clivia, Gazania, Vygies, Heuningblommetjies, Madeliefies en Magrietjies ens. Plant kruie soos: Mint, Chives, Fennel, Oreganum, Marjolein,      Roosmaryn en Tiemie. Bewaring van natuurlike vegetasie Ondersteun plaaslike byeboere Word ‘n kleinskaal byeboer Opleiding is waardevol. Leer mense oor die belangrikheid van heuningbye, die gevare wat ons in die gesig staar as heuningbye verdwyn en die stappe wat geneem kan word om bye te bewaar. Laat van jou groente en kruie toe om saad te skiet (veral aan die einde van die seisoen) Ons bronne: http://www.sabio.org.za http://www.rawhoney.co.za/ Index.htm http://www.sanbi.org/