Agri Kultuur June / Junie 2016 | Page 57

die jeug ‘n prioriteit wees vir elke landbou organisasie. “Agri-Expo het ‘n groot rol gespeel om jeugskoue nasionaal, maar ook veral in die Wes-Kaap tot stand te bring en daarom is dit vir ons belangrik om hierdie groot gebeurtenis in die Wes-Kaap te ondersteun. Met Kaap die Goeie Hoop Landbougenootskap (Agri-Expo) wat vanjaar sy 185ste bestaansjaar vier, is ons trots op die rol wat ons deur die jare kon speel om jeugskoue te mobiliseer om sodoende die jeug betrokke te kry by landbou”. Die toernooi het ook gegons op sosiale media aangesien daar ‘n groot prys was vir die beste foto op die skou! Die wenfoto is op facebook geplaas deur Jana Malherbe van haar seun Wynand Malherbe in digte mis met ‘n Senepol bul van Mnr Pieter van Wyk. Veeplaas as media vennoot van Wes-Kaap Jeugskou het ook gesorg dat Twitter en Facebook mense op hoogte hou van aksie tydens die kampioenskappe. So ‘n geleentheid is darem nie net perdesweet en mis of ‘n stertswiep deur die mond nie. Dis ‘n geleentheid waar nuwe vriende gemaak word, nuwe bande gesmee word en baie pret gemaak word. Goeie organisasie deur die Augsburg Gimnasium en vrywilligers van heinde en verre, het gesorg vir heerlike kos en vermaak vir ‘n ieder en ‘n elk Die Departement van Landbou: Wes-Kaap is ‘n vennoot van Agri-