Agri Kultuur June / Junie 2016 | Page 56

Artikel: Chris Kriel Foto’s: Willem Steenkamp (tensy anders vermeld) D ie Agri-Expo Wes-Kaap Jeugskou Kampioenskappe het op 15-17 Junie op Augsburg Landbougimnasium in Clanwilliam plaasgevind. Hierdie Kampioenskap lok jaarliks deelnemers van regoor die provinsie met strawwe mededinging as kenmerk van die geleentheid. Vanjaar was dit dan ook net so en deelnemers moes hard werk en sweet om ‘n plek in die Wes-Kaap Jeugskou-span te behaal. Die Kampioenskap het op Woensdag 15 Junie afgeskop met die teoretiese deel waar leerders eksamen moes skryf oor die spesifieke afdeling waarby hy/sy betrokke is. Donderdag 16 Junie moes deelnemers hul diere was en voorberei en Vrydag 17 Junie is die skoumankuns in die skouring beproef. Deelnemers aan die WesKaap kampioenskappe moes op streeksvlak kwalifiseer om uitgenooi te word. Sowat 800 deelnemers het in die proses aan streekskoue deelgeneem en slegs 120 is uitgenooi na die Wes-Kaap proewe, wat die kwaliteit en hoë standaard van die deelnemers by hierdie Kampioenskap weerspieël. ‘n Nuwe bestuur is ook tydens die Algemene Jaarvergadering van die Wes-Kaap Landbou Jeugvereniging verkies en Breyton Milford is herverkies as voorsitter, Pierre Human is verkies in die plek van Mnr Fanie Nel as onder-voorsitter en Annelien van Wyk as sekretaresse. Die hoofborg van die geleentheid is Agri-Expo en volgens Mnr Johan Ehlers, HUB van Agri-Expo moet Bestuur: Wes-Kaap Landbou Jeugvereniging (Foto verskaf)