Agri Kultuur June / Junie 2016 | Page 43

hPhoto: ttp://www.sheepconnectsa.com.au/technical-information/lice-cost-you-money-1 verdere vrektes aan blootstelling. Onthou, die luis voed op veloppervlakte, dus moet behandeling die veloppervlakte bereik vir beste resultate. Dit is verder belangrik dat inspuitbare middels nie gebruik word om rooiluis te beheer nie, want hulle suig nie bloed nie. Luisbehandeling by skape met lang wol is normaalweg net noodbehandeling om verligting te bied tot skeertyd. Daar is verskillende middels en metodes beskikbaar vir luisbehandeling. toegedien word as dompeldip, spuitdip of “Jetting”. Skape kan 3 tot 4 weke na skeer gedip word tot 2 maande voor volgende skeertyd. Maak seker dat regte dipkonsentrasie gebruik word. Gebruik skoon water vir varsaanvullings. Beste resultate is kortwol (1-3 maande). Maak seker dat skaap 100% benat is in dipproses. Opgiet : Ideaal is 24 uur na skeer wat verseker hoër konsentrasie van aktief oor die hele liggaam . Dit is ‘n maklike produk om te gebruik en kan met min arbeid toegedien word. Dit is minder stresvol vir diere en swaar dragtige diere kan ook behandel word. Lae kapitale uitleg, want geen dipgat word benodig nie. Daar is verskillende aktiewe wat geregistreer is om rooiluis mee te behandel, nl. Amadiene, Piretroide, organofosfate, insekgroeiinhibeerders(IGI), spinosad en moontlike kombinasie van produkte. Besluit watter aktiefen behandelings metode op jou plaas die beste gaan werk en hou te alle tye by die voorskrifte van etikette. Sommige van die opgietmiddels het baie lang nawerking tot solank as 20 weke, wat herbesmetting help bekamp. Dipmiddels: Dipmiddels kan Redes vir oneffektiewe behandeling van rooiluise:  Verkeerde dosis van die middel is gebruik.  Toediening was te lank na skeertyd gedoen , ideaal is binne 6 weke na skeer.  Nie alle diere is behandel nie , veral pasgebore lammers word vergeet.  Weerstand van luise teen die aktiewe wat gebruik word.  Skape was nie lank genoeg aan aktief blootgestel nie. Verwysings: Gereth Bath and Jan de Wet.Sheep and goat diseases Dr Tom Strydom MSD Animal Health Malelane Navorsingseenheid. Rooiluis beheer in skape J van Rensburg MSD, Farmer s Handbook Bayer Animal Health. Rooiluis op skape Mia Mienie, Afrivet. Raak nou ontslae van luise