Agri Kultuur June / Junie 2016 | Page 41

dit hoogs gesonde melk. A1 melk is weer ongesonde melk. Daar is reeds bewyse dat die opium-derivaat, genaamd BCM7 in A1 melk, chemies amper identies aan glutien is. Maar waar glutien net op drie areas van ons breine bind en ons siek maak, bind BCM7 op 45 plekke op ons breine. Daar is reeds suksesse met die toetsing vir A2 melk, maar die Dexter bedryf staan nog hier in sy kinderskoene. Telers, wat reeds toetse gedoen het vir A2 melk, kan hul melk nou as sodanig bemark. Kreatiewe plan saam met kleinwild Wildboere sukkel veral met die be-heer van bosluise in die Limpopo en ‘n boer aldaar het ʼn vindingryke plan gemaak om Dexters te gebruik om in die eerste plek die gras te ‘sny’ sodat die kleinwild dit beter kan bewei en in die tweede plek om die bosluise te beheer, want hy haal net die Dexters uit die kamp en be-spuit hul dan en sodoende word die bosluise in die algemeen dus onder beheer gebring. U moet uself dus die vraag afvra: KAN EK BEKOSTIG OM NIE MET N DEXTER TE BOER NIE?” Kontak gerus die Dexter Genootskap indien u enige vrae het by: [email protected] of [email protected]