Agri Kultuur June / Junie 2016 | Page 35

‘ n Moet vir elke vee- en wildboer !
Foto 1 Oorbeweide veld – bo regs ( oor ‘ n te lang periode in ‘ n kamp
Foto 2 Oorbeweideveld wat reeds kaalkolle begin vorm . verbruik , teenoor die WVD van slegs 0.78 kg DM per mm waterverbruik by veld in swak toestand . Hierdie swakker WVD met veldagteruitgang kan grootliks toegeskryf word aan die laer wortelmassa en swakker verspreiding van die wortels , wat nie in staat is om water en plantvoedingstowwe effektief vanuit die grond op te neem nie . Veeboere met veld in swak toestand skep gevolglik hulle eie droogtes .
Die kanse vir ‘ n konstante voer-vloei by veld in ‘ n swak toestand is feitlik onmoontlik en hou geweldige bestuursrisiko ’ s vir die veeboer in . Onder sulke omstandighede is ‘ n droogte ( voerskaarste ) eerder die reël as die uitsondering . Die ondoeltreffende omskakeling van reënval in plantproduksie deur veld in ‘ n swak toestand dra ook by tot die verhoogde intensiteit en frekwensie van seisoenale droogtes , wat die bestuur onder werklike rampdroogtetoestande geweldig ingewikkeld maak .
Dit is dikwels baie moeiliker om ‘ n besluit ten opsigte van weiveld te neem as by ander vertakkinge van die boerdery . Die rede hiervoor is omdat die toestand of gesondheid van die veld deur ‘ n komplekse groep faktore bepaal of beïnvloed word soos byvoorbeeld die klimaat , grond , plantegroei , dier , ekonomie en die impak van die boer as bestuurder . Die veeboer moet dus kennis dra van al hierdie komponente en die interaksies daarvan , ten einde die weidingekosisteem volhoubaar te laat funksioneer . By akkerbou byvoorbeeld , indien te veel of te min bemes is of die verkeerde kultivar geplant is , kan dit die volgende jaar net reggestel word . By weiveld , daar teenoor , neem dit veel langer ( paar jaar ) om ‘ n verkeerde bestuurspraktyk weer reg te stel .

Gids tot volhoubare produksie van weiding

Die gewilde weidingboek saamgestel deur professor Hennie Snyman ( Departement Vee- , Wild- en Weidingkunde , Universiteit van die Vrystaat ) is pas herdruk .
Beskikbaar by : johan . terblanche @ media24 . com Tel 021 4064962
R400 plus posgeld
Kan ook direk elektronies bestel word deur te gaan na : www . landbou . com
Gaan heel na “ winkel ”, en kies dan “ weidingboek .”
Die boek kan dan met ‘ n Kredietkaart bestel word .

‘ n Moet vir elke vee- en wildboer !