Prof Hennie Snyman
Departement Vee-, Wild- en Weidingkunde
UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT
Veldagteruitgang hou nie slegs nadelige gevolge vir die bogrondse produksie
van die weiveld in nie, maar benadeel ook die ondergrondse komponent wat
weer indirek diereproduksie verlaag.
D
die droër dele moet sterk staatmaak
op ‘n stabiele en goedontwikkelde
wortelstelsel vir oorlewing, volhoubare produksie en die behoud van
groeikragtigheid.
Die afname in bogrondse produksie
weens veldagteruitgang in die sentrale grasveldgebied (gemiddeld
oor 'n 35 jaar periode) is byvoorbeeld vasgestel op 760 kg/ha teenoor ‘n verlies van 1 825 kg/ha in
wortelmassa. Wortelproduksie is
dus twee keer meer sensitief vir
veldagteruitgang as die bogrondse
plantdele. Die veeboer moet dus
daarop bedag wees dat indien die
bogrondse produksie nie na wense
is nie, dit ondergronds twee keer
slegter daar uitsien. Weiveld in veral
Veld in goeie toestand kan soveel as
drie keer meer droëmateriaal (DM)
produseer as veld in swak toestand,
om nie eers te praat van die beter
voedingswaarde daarvan nie. Die
besonder hoë bogrondse produksie
waarmee veld in ‘n goeie toestand
gepaard gaan, kan grootliks aan die
hoër wortelmassa toegeskryf word
wat water en voedingstowwe meer
effektief vanuit die grond opneem.
Die gemiddelde seisoenale wortelmassa van veld in ‘n goeie toestand
is oor ‘n 35 jaar periode op 2 341
kg/ha vir die sentrale grasveldgebied vasgestel, teenoor slegs 615
kg/ha vanaf veld in ‘n swak toestand verkry. Die bogrondse
produksiepotensiaal van dieselfde
veld in ‘n goeie toestand kan as
gevolg van die seisoensvariasie in
reënval tussen 2 678 en 813 kg DM
per hektaar varieer. Indien die veld
egter in ‘n swak toestand verkeer,
sal die bogrondse DM-produksie
slegs tussen 889 en 70 kg/ha per
jaar varieer. In hierdie droë sentrale
it is dus essensieel vir
volhoubare diereproduksie dat die veeboer daarna sal streef
om sy weiveld in die beste toestand
of gesondheid moontlik te probeer
hou. In die verlede is grootliks
gekonsentreer op die bogrondse
produksie van die weiplant, terwyl
die ondergrondse dele nie die
nodige aandag geniet het wat dit
verdien nie. Die ondergrondse
produksie vanuit ‘n direkte benuttingsoogpunt is minder belangrik
vir die veeboer en daarom word die
funksionering daarvan deur boere
nie altyd verreken in veldbestuursbeplanning nie.
grasveldgebied kom daar dus baie
meer wortels (op ‘n droë massabasis) voor as bogrondse produksie.
In natter gebiede beweeg hierdie
twee komponente (bo- en ondergrond) nader aan mekaar. In natter
dele is dit dus nie nodig vir die
plant om water dieper in die grondprofiel te gaan onttrek nie terwyl
oppervlakker grondwater voldoende is vir optimale produksie. Dit
moet egter ingedagte gehou word
dat ‘n diep verspreide wortelstelsel
wel voordele vir die plant inhou
deurdat dit gedurende droogte tye
wel in staat is om dieper liggende
grondwater te onttrek en sodoende
die wa deur die drif te kan trek. Hoe
droër ‘n gebied is hoe meer wortels
(op droëmassa basis uitgedruk) in
verhouding tot die bogrondse
materiaal kom daar by weiplante
voor
Die waterverbruiksdoeltreffendheid
(WVD), met ander woorde die
effektiwiteit van omskakeling van
water in DM, is drie keer hoër by
veld in goeie toestand as waar die
veld swak is. Veld in goeie toestand
genereer vir byvoorbeeld die
sentrale grasveldgebied 2.5 kg DM
per hektaar vir elke mm water-