Figuur 2: Bedekking van grond in ʼn geenbewerkingstelsel
gevoelig is. Verkeerde bewerkings
kan tot fisiese, chemiese en biologiese degradasie van grond lei.
Grondbewerking kan verdeel word
in primêre en sekondêre
bewerkingsaksies. Primêre grondbewerking het ten doel die opheffing van fisiese beperkings soos
ploegverdigtings, verbetering van
waterinfiltrasie en die vermenging
van plantvoedingstowwe en
ameliorante soos gips en kalk. Die
doel van sekondêre bewerkings is
die voorbereiding van ʼn gunstige
saadbed deurdat onkruide vernietig
word, plantvoedingstowwe ingemeng word en goeie kontak tussen
die saad en die grond bewerkstellig
word.
Voor- en nadele van grondbewerking
Voordat die produsent op ʼn
geskikte bewerkingspraktyk besluit,
moet hy eers die voor- en nadele
van die voorgenome
bewerkingsmetode oorweeg. Enkele
voor- en nadele word uitgelig:
Voordele:
Skoonbewerking vernietig/
begrawe peste wat in die grond
oorleef soos kopvrot by mielies
en bestry snywurm;
Vermeng plantvoedingstowwe in
die grond, veral fosfaatkunsmis
wat onbeweeglik is;
Deurlug die grond;
Hef verdigtingslae effektief op;
Skoonbewerking beheer meeste
vlak ontkiemende onkruide en
ook jong onkruide;
Vergemaklik sekondêre
bewerkingspraktyke soos
saadbedvoorbereiding.
Nadele:
Gedurende bewerking met ʼn
rysterplaatploeg word die bo-
grond teen die skaar opgestoot
en tuimel dit van bo af terug.
Die vrugbare humusryke bogrond word begrawe. Die ondergrond is gewoonlik hoër in klei
en laer in humus, wat tot die
vorming van oppervlakkorse kan
lei. Indien die grond brak is,
loog die natrium dieper in die
grond in. Die omkeeraksie van
die skaarploeg bring die dieper
natrium na bo, laat die bogrond
dispergeer en gevolglik raak die
erosiegevaar al groter.
Gedurende bewerking word
suurstof ook in die grond ingewerk wat lei tot die versnelde
oksidasie van organiese materiaal. Hierdeur gaan waardevolle
organiese materiaal verlore wat
verder kan verrot om humus en
organiese verbindings soos
humien- en fulviensuur te vorm,
wat die struktuur van grond kon