Suid-Afrika geïnstalleer. Die gebruik
daarvan in die wêreld het van 3
miljoen hektaar in 2000 tot meer as
13 miljoen hektaar in 2016
toegeneem.
Dié tegnologie is uitstekend, dit het
‘n hoë graad van outomatisasie, die
arbeidsbehoefte vir die bedryf
daarvan is laag en ‘n hoë mate van
uniformiteit van toediening word
behaal. Dit is juis suksesvol omdat
drupbesproeiing ’n metode is wat
water teen ’n stadige beheerde
tempo op die grondoppervlakte of
regstreeks in die wortelsone
toedien.
Drupbesproeiing verseker
suksesvolle produksie mits dit reg
gekies, ontwerp, onderhou en
bestuur word.