Agri Kultuur June / Junie 2016 | Page 17

Die volgende kritiese faktore moet in ag geneem word om ’n suksesvolle stelsel te verseker:  Grondtipe: Klei-leem en kleigrond versprei die water lateraal beter as sanderige gronde en dit is nodig om eers ‘n toets te doen om te verseker dat drupbesproeiing wel doeltreffend sal wees.  Waterkwaliteit: Toets die waterkwaliteit vir besluitneming oor filtrering en die moontlike voorkomende behandeling van die water.  Tipe drupper: Onderskei tussen druksensitiewe druppers en drukgekompenseerde druppers. Verskillende druppers se weerstand teen verstopping verskil.  Wanddikte: Dunwand- sowel as dikwandpype kan gebruik word. Die lewensduur en koste verskil egter.  Pypdeursnee: Verskillende groottes is beskikbaar en word bepaal deur die vloeitempo wat dit moet hanteer om binne die wrywingslimiete te bly.  Spasiëring: Grondtipe en gewastipe sowel as die koste is die bepalende faktore. Kleigrond kan groter spasiërings hanteer as sandgrond. Klein spasiërings is duurder.  Filtrering: Filtrering is uiters belangrik en sandfiltrering moet verkieslik gebruik word.  Ontwerp: Drupbesproeiing is ‘n gespesialiseerde veld en vereis goeie evaluering, beplanning en ontwerp.  Bestuur en onderhoud: Drupbesproeiing vereis noukeurige bestuur. Die basiese aspekte wat gemoniteer moet word om te verseker dat die stelsel korrek funksioneer word weergegee in Tabel 2. Drupbesproeiing as ‘n permanente besproeiingstelsel, is baie suksesvol en het die afgelope meer as vier dekades reuse vordering gemaak in tegnologiese ontwikkeling. Die drupbesproeiingskonsep is al vir langer as 50 jaar in die wêreld bekend en vir meer as 40 jaar in Suid-Afrika. Die eerste kommersiële druppers is reeds in 1959 deur Simcha Blass van Israel ontwikkel en die eerste druppers is in 1969 in Tabel 2: : Onderhoudskedule vir drupbesproeiingstelsels Monitor Met elke siklus Ondersoek die stelsel vir lekkasies X Kontroleer stelseldruk en -vloei X Spoel laterale (afhangende van waterkwaliteit) Maandeliks Jaarliks X Diens lugkleppe en drukbeheerkleppe X Gaan hidrouliese en elektriese verbindings na X Gaan werking van hidrouliese kleppe op filterbank na en inspekteer werkende dele X Chloorbehandeling (afhangend van waterkwaliteit en metode van toediening) X Neem watermonster aan eindpunt van stelsel en evalueer vir waterkwaliteitsveranderings X