Agri Kultuur June / Junie 2016 | Page 16

Felix Reinders Landbou Navorsingsraad, Instituut vir Landbou Ingenieurswese D rupbesproeiing moet ontwerp word om landboukundig en tegnies korrek, die regte hoeveelheid water vir ‘n gewas te lewer in ‘n bepaalde klimaatarea. Die hoeveelheid water word bepaal deur die spitswaterbehoefte van die gewas in ‘n spesifieke klimaatsone en daarom is dit belangrik om van ontwerpers gebruik te maak wat oor goeie ontwerp- en druptegnologie kennis beskik, om die stelsel te laat aanpas by die grond-, klimaaten gewasbehoeftes. Moderne drupbesproeiing het vanaf ’n eenvoudige waterbronbestuurstelsel ontwikkel tot ’n ingewikkelde, kennisintensiewe bestuurstelsel wat die chemiese, fisiese en biologiese omgewing manipuleer waarin die plant funksioneer. Vandag kan boere dus drupbesproeiingstelsels koop wat tegnologies gevorderd en betroubaar is. Behalwe tegnologies gevorderde produkte (filtreerders, beheertoerusting en druppers) sluit hierdie tegnologie ondere meer outomatisasie-stelsels in wat met toegespitste boerdery-beginsels inskakel om saam met die waterplasing presisie kunsmistoediening te doen soos en wanneer die plant dit nodig het. Die basiese eienskappe van drupbesproeiing word in Tabel 1 gegee. Table 1: Eienskappe van drupstelsels Eienskap Beskrywing Toepassing Ry-gewasse (beide permanente en eenjarige gewasse), ook vir ondergrondse drup op weiding, suiker en katoen Punttoediening deur middel van die drupaksie en horisontale verspreiding deur die grond 95% + Metode van toediening Potensiële stelseldoeltreffendheid Montering van druppers met betrekking tot die pyp Drupper-interval Aan die pypwand binne die pyp, of inlyn as integrale deel van die pyp, óf direk óf indirek aan die buitewand van die pyp Indien ekstern gekoppel: op willekeurige afstande Lewering Alle ander koppelings: op vaste intervalle, wat wissel tussen 1,05 tot 12 l/h Werksdruk 5 tot 20 meter (50 – 200 kPa) 0,3 m en 1,25 m