Agri Kultuur June / Junie 2016 | Page 66

skouspan by die Nasionale Kampioenskappe uit, waar hulle ook verskeie medaljes inpalm. Die landbouvakke word deur drie goedopgeleide Landbou-opvoeders onderrig. Die akademiesekomponent van die landbouvakke geskied in `n groot mate deur middel van e-leer (onderrig m.b.v. tegnologie). Die plaas beskik oor uitstekende fasiliteite om die teorie na die praktyk toe te bring, ‘n broodnoodsaaklike faset van enige boerderypraktyk. Augsburg is ook een van slegs drie skole waar `n Tegnologie-Ekspo van vanjaar af aangebied word. Augsburg handhaaf `n gesonde balans tussen akademie, prakties, leierskap, sosiaal, sport en kultuur. Die skool het die afgelope 11 jaar `n 100% slaagsyfer en 79% matrikulasievrystellings behaal. Die laerskoolafdeling het vir die 11de agtereenvolgende jaar `n spesiale toekenning van die WKOD ontvang vir uitstaande prestasies in Wiskunde en Tale. Die 1sterugbyspan het drie uit vyf jaar die Mediumskole Finaal gehaal. Die skool staan bekend as die ROOIKATTE! Pasop dus, moenie hul sonder handskoene aanpak nie hul naels en tande is skerp! Agri Kultuur se dank gaan aan almal by Augsburg wat ons verblyf, etes en lekker gesels moontlik gemaak het. Mag dit met julle van krag tot krag gaan. Foto: Verskaf Foto: Willem Steenkamp