Agri Kultuur June / Junie 2016 | Page 64

Artikel: Chris Kriel Foto: Willem Steenkamp A gri Kultuur was weereens hierdie jaar bevoorreg om die Augsburgse Landbougimnasium te besoek tydens geleentheid van die Wes-Kaap Jeugskou kampioenskappe wat ter plaatse aangebied is. My indrukke van Augsburg was nog altyd die ongelooflike gasvryheid en vriendelikheid wat ‘n mens daar ervaar. So was dit ook weer hierdie jaar die geval. Met die Sederberge as doek agter die skoolgronde is hierdie werklik ‘n besonderse plek om te besoek. Ons was veral bevoorreg om die omgewing te besoek na die droogte - wat ‘n fees was dit om die klowe en spruite te sien bruis na mildelike Foto: Chris Kriel reën in die gebied. Met die dat die landbou en die jeug in landbou myself baie na aan die hart lê, het ek dit goed gedink om mnr Jacques Kotzé, skoolhoof van die gimnasium te nader om ons lesers ‘n iets en ander van die skool te vertel. Augsburg Landbougimnasium het in 1996 tot stand gekom toe Hoërskool Clanwilliam en Hoër Landbouskool Augsburg saamgesmelt het. Die skool onderrig graad 1-12 en het ongeveer 500 leerders. Die bedieningsgebied is hoofsaaklik Namibië, Boesmanland,