Agri Kultuur June/July 2013 | Page 4

Redaksie

Promises you make, is promises you

keep! As kind het ons mos graag

gesê: Belowe, op jou erewoord. Maar

dit is duidelik dat die ANC hierin geen sin het nie. Geen van hul beloftes word ooit nagekom nie.

In vandeesmaand se hoofberig lees ons weer hoe die Landboudepartement in Noord-Kaap klaaglik mislik het om selfs net hul begroting suksesvol aan te wend.

Dit is 'n skreiende skande dat miljoene rande van die nasionale departement bewillig word vir vloedhulp en dan word nie eens 'n derde daarvan gebruik

nie. Dit terwyl boere maar self moes inspring en op eie onkostes skade op plase herstel.

So ook met veldbrande wat duisende hektare weiveld vernietig het. Boere kry swaar en voer is broodnodig. Hoewel die departement sy hand uitgesteek het en hulp gegee het, skiet dit ver te kort!

Miljoene rande word eerder bestee aan

projekte wat net nie van die grond kan kom nie – selfs vyf, ses jaar later!

Belastingbetalers se geld kan net nie so

gemors word nie. Jaar in en jaar uit word

mislukte projekte gefinansier terwyl

kommersiële en beginnerboere eerder baie beter bygestaan kon gewees het.

Die regering vergeet maklik dat Suid-Afrika se kos deur 95% kommersiële boere voorsien word. Kan hierdie land verder bekostig om kos ten duurste in te voer?

Dit is ook die kommer wat veeboere vanjaar op die NKRPO se kongres uitgespreek het.

Veeboere kan nie met die pryse kompeteer van vleis wat vanaf Namibië die land inkom nie. Die regering is versoek om hierdie ooreenkoms met die buurland in heroorweging te neem en te hersien.

Daar is egter nie net slegte nuus nie en die sentrale boodskap vir kongresgangers was

dat daar wel lig in die tonnel is en dat

produsente net moet seker maak dat hul

bestuur van hul besighede reg is.

Voorkomingsmaatreëls vir die uitbreek van

siektes moet nie agterweë gelaat word nie.

Lees gerus ook oom Willem Loock se

prontuit-gesprek oor 'n paar kwessies. Hy

praat sommer reguit en noem 'n spade 'n

spade!

Daar is ook twee vooruitskouingskonferensies aan die kom en as mens kyk na die sprekers en die onderwerpe wat bespreek gaan word,

behoort mens moeite te doen om een van

hulle by te woon.

Ons hoop u geniet hierdie uitgawe van @grikultuur.

Enige voorstelle of idees is baie welkom.

Stuur dit gerus na [email protected]

Besoek ook gerus www.landnsand vir leespret en advertering in die Overberg

Groete tot volgende keer

Glen Seiler

N.S. Volgende maand begin ons met 'n nuwe afdeling: “Kyk waar was ons”. Baie van ons lesers is lief vir reis en daarom beoog ons 'n nuwe blad met foto's wat bietjie wys waar ons lesers op vreemde (en bekende) paaie geloop het. Stuur gerus 6 foto's (nie kleiner as 350 kb en nie groter as 2MB) in met inligting oor waar julle was. Interessante feite oor die plek of sommer net raad aan ander reisigers kan die foto's vergesel. Ons wil graag sien waar julle rondloop – Suid-Afrika of elders

T.V. SHORELINE kom straks aan boord vir die geharde vissermanne in ons midde...

Julle vangs is ons verhaal...

NUUT!!!