Agri Kultuur June/July 2013 | Page 37

dit nie gerealiseer nie en veldbrande in

die provinsie het baie hektare veld verwoes en weidingstekorte het ontstaan. Hy het produsente gewaarsku om kernaanteelkuddes te beskerm.

Verder het hy produsente gemaan om hul

veegesondheidsplanne en maatreëls in plek te kry. Die ondersoek na Suid-Afrika se bek-enklouseer vrye status het die RPO net weer laat besef hoe vatbaar die rooivleisbedryf vir dieresiektes is. “Ek hoop net die regering besef watter rooi ligte vir die rooivleis bedryf flikker.”

Só het die uitbreek van brandsiekte in die

Namakwaland en Boesmanland weer eens

bewys dat produsente sal moet saamwerk

om siektes te beheer, het Faber benadruk.

Siektes oor provinsiale grense bly 'n groot probleem.

Hoewel die departement se veeartseny- dienste nou betrokke is by die beheer van

brandsiekte, word hulle ook gekonfron- teer met uitdagings en moet produsente help deur hul eie planne in plek te hê.

Hy het verder sy kommer uitgespreek oor die tekort aan staatsveeartse en gesê dit neem kritiese afmetings aan. Besnoeiing aan die begroting van die departement van landbou wat betref veeartsenydienste gaan negatief inwerk op die produksie van rooivleis. Boonop is die laboratorium in

Kimberley totaal onderbefonds.

“Produsente word versoek om hul vee te ent en die nodige maatreëls te tref om die siektes te bekamp. Siektes het ' n groot negatiewe ekonomiese impak op rooivleispro-duksie.”