Agri Kultuur June/July 2013 | Page 36

Verskeie aspekte veroorsaak dat

rooivleispryse en vraag onder druk is

Die vraag na rooivleis is onder druk en sodoende ook die prys. Droogte in die sentrale binneland, die Kalahari en Namibië plaas verder druk op pryse. Ramptoestande het ook ontstaan weens veldbrande in die Koopmansfontein en Kuruman areas.

Só het James Faber, voorsitter van die NKRPO, vanjaar op dié organisasie se kongres in Kim- berley gesê.

“Ekonomiese onsekerheid in die inter- nasionale omgewing kom steeds voor, terwyl die effek van die produksiekoste-knyptang deur elke produsent ervaar word.”

Faber het genoem dat die prys van lam en bees seder die 2012-kongres verder gedaal het en is pryse nou op die laagste vlakke in twee jaar.

Droogte, rampe en swak verbruikersbesteding

het hiertoe aanleiding gegee. “Die daling van pryse het veroorsaak dat produsente lammers en kalwers terughou ná speen, en produsente moet seker maak dat hulle genoeg weiding vir ekstra diere het.”

Hoë verbruikerspryse het daartoe gelei dat die verbruik en vraag na rooivleis afneem. Met die daling in die produsenteprys het handelaars nie die prys altyd tot dieselfde mate aangepas nie

en veroorsaak dit ongelukkigheid by produsente.

Verbruikers moet kyk na die prys wat

hulle betaal, maar die produsent moet onthou dat sy prys nie BTW insluit nie, maar die verbruiker s'n wel – dit is 'n verskil van 14%.

Hoewel voorspellings gedui het op nat

toestande vir somerreënvalgebiede het