Agri Kultuur June/July 2013 | Page 22

Departement gee waarskuwings vir res van

die winter

Sedert die einde van die 2012-winter

tot einde April vanjaar was reënval

oor groot gedeeltes van die sentrale

streek ondernormaal, terwyl

droogtetoestande in Noordwes en

gedeeltes van Limpopo aangemeld is.

Die res van die land het normaal tot bo normale reënval gehad.

Somergraanopbrengste was laer in talle somerreënvalareas, gedeeltelik omdat die reënval nie voldoende was nie.

Luidens 'n verklaring van die nasionale departement van landbou, bosbou en visserye, is veldtoestande en vee in die algemeen in 'n redelike goeie kondisie, behalwe vir gedeeltes wat droogte ervaar. Die vlak van damme is bo 70% in die meeste provinsies, behalwe in die Wes Kaap waar dit sowat 56% is.

The Famine Early Warning System

Network verslag wat in Mei vanjaar

vrygestel is, dui aan dat die meeste

landelike huishoudings minimum

voedselsekerheid sal ervaar tussen April en Junie. Na verwagting sal die reënval ondernormaal wees in die suidelike en westelike gedeeltes van die land, hoewel bo normale reënval in die sentrale en noordoostelike gedeeltes gedurende midwinter vanjaar verwag word. Maksimum temperature sal na verwagting ondernormaal wees en minimum temperature behoort bo normaal te wees.

Aangesien die reënval ondernormaal gaan wees in die weste, veral in gebiede van winterreënvalstreke, word boere aangeraai om gepaste kultivars te kies en om deurentyd water- en ander hulpbronne te gebruik in ooreen-stemming met die Wet op Bewaring van Landbou-hulpbronne (Wetno. 43 of 1983). Boere in alle gebiede word aangeraai om hul vee se getalle in balans te hou met die dravermoë van hul grond en voorsiening te maak vir addisionele voer, wat insluit lek om diere die nodige voedingstowwe gedurende die koue wintermaande te kan gee.

Toestande wat kan lei tot veldbrande moet steeds as 'n gevaar gesien word veral in die winterreënvalstreke wat steeds droog is, maar ook in sormer- reënvalgebiede waar droë toestande aangemeld is.

Voorkomingsmaatreëls moet in plek wees sou veldbrande uitbreek. Koue fronte gaan steeds toeneem, daarom is daar kanse vir vloedtoestande in sekere gebiede daarom is goeie dreinering en die intydse skuif van diere na veiliger plekke belangrik.

Die departement wys net weer daarop dat die rampbestuurwet (Wetno. 57 of 2002) vereis dat provinsies, individue en boere alle risiko's sal verminder deur gebruik te maak van vroeë waarskuwingsinligting.