Agri Kultuur July / Julie 2018 | Page 17

“DIE KWIK STYG” luister saam na nuwe klimaatsverandering reeks op RSG ‘n Nuwe weeklikse program oor klimaatsverandering en die gevolge daarvan vir mens, dier, die omgewing en die landboubedryf het op 6 April 2018 afgeskop.   Die program “Die Kwik Styg” word Vrydae om 12:45 op RSG uitgesaai en gaan vir 52 weke interessante onderwerpe bespreek met ‘n verskeidenheid van kenners as ateljee gaste. Volgens Dr Ilse Trautmann. Hoofdirekteur: Navorsing en Tegnologie Ontwikkeling, en ook die koördineer van “Die Kwik Styg” reeks, is hierdie inisiatief is ‘n uitvloeisel van die Wes-Kaapse Department van Landbou se SmartAgri plan en gaan dit poog om ‘n groter bewusmaking van ons “nuwe” klimaatsomgewing by luisteraars te bewerkstellig. Die reeks word deur die Department vervaardig en befonds. Twaalf programme is reeds uitgesaai en het wye belangstelling uitgelok. Aanbieder, Lizma van Zyl, gesels in die reeks met kenners van regoor die spektrum en deel wenke oor toepaslike maniere om Suid-Afrika en ook sy landbousektor, meer klimaatslim te maak. Lizma is ‘n bekende AgriKultuur |AgriCulture radiopersoonlikheid, veteraan radiojoernalis en nuusredakteur met ‘n meestersgraad in Joernalistiek, die stigter van Smile 90.4 FM en is ook die aanbieder van die Kyknet program “Hond se gedagtes”. Die prentjie van klimaatsverandering lyk donker, maar daar is altyd die spreekwoordelike lig aan die einde van die tonnel. Voorsorg, beplanning, integrasie en die vermoë om aan te pas sal, soos daar in Die Kwik Styg uitgelig sal word, ‘n beduidende bydrae lewer om te verseker dat Suid- Afrikaners hulle lewenskwaliteit en Landbou sy volhoubaarheid, kan behou. Die reeks sal ook groot klem plaas op die verantwoordelikheid van elke landsburger. Soos die aanbieder in haar weeklikse groet opmerk: “Die aarde is kosbaar; kom ons bewaar dit.” Meer inligting oor die programreeks is beskikbaar op www.rsg.co.za en die uitsendings kan ook afgelaai word onder “potgooi”. Belangstellendes kan ook vir Dr Trautmann kontak by [email protected] vir meer besonderhede. 17