Agri Kultuur July / Julie 2016 | Page 49

toe gaan nie. Roofvoëls is opportunistiese vreters en sal ook aan dooie diere of aas vreet. Baie van ons groot arende word op hierdie manier uitgewis indien daar gif in ‘n karkas uitgeplaas was. Skep ‘n bewustheid in u omgewing deur vir ander te vertel van die nuttige rol wat arende in die natuur vervul. Indien u vermoed dat arende verantwoordelik is vir die vang van skaap- of boklammers, moenie sommer na die geweer gryp nie! Daar is ‘n metode om arende af te leer om lammers te vang. Indien u meer hiervan wil weet, kan u die Platberg Karoo Roofvoëlprojek kontak en inligting sal aan u gestuur word. Photo: By Bernard DUPONT from FRANCE - Martial eagle (Polemaetus bellicosus) juvenile, CC BY-SA 2.0, https://commons.wikimedia.org/w/index.php?curid=40778704 ‘n Breëkoparend bespied die omgewing op soek na iets te ete Indien u meer oor arende of enige ander roofvoëls en uile te wete wil kom of enige probleme met roofvoëls ondervind, kontak gerus vir Ronelle Visagie van die Platberg Karoo Roofvoëlprojek by tel. 053-683 7010 of per e-pos by [email protected] Bruinslangarend Photo: By Hein waschefort - Own work, CC BY-SA 3.0, https://commons.wikimedia.org/w/index.php?curid=22391295