Foto: Herman Meyer
Ronelle Visagie
Coordinator: Platberg Karoo Raptor Project
Birds of Prey Programme, Endangered Wildlife Trust
A
rende word al vir eeue deur die mens bewonder en verskyn op die vlae en embleme
van baie volke. Ten spyte hiervan, word
hierdie manjifieke voëls dikwels uit onkunde
vervolg. Arende is groot, sterk voëls en kan 20-30 jaar
leef. Hulle bou groot neste in bome, op kranse, kragmaste of telefoonmaste. Afhangende van die spesie,
duur dit 4-7 jaar voordat ‘n arendkuiken volwassenheid
bereik en gereed is om te broei.
In die Karoo is die meer algemene arende die Witkruis-,
Breëkop-, Vis- en minder bekende Dwerg- en Roofarend.
Soms word die Swartborsslangarend ook hier opgemerk, terwyl die Bruinslangarend ‘n skaars besoeker aan
die streek kan wees. Visarende is opportunistiese vreters
wat ook aas vreet en word soms ver van groot damme
en riviere gevind.
Waarom moet ons arende bewaar? Afgesien van die feit
dat hulle al skaarser word en reeds in die Rooidataboek
vir Voëls verskyn, het hulle hul plek in die ekosisteem en
help om die getalle van hul prooi te beheer. ‘n Paar
Witkruisarende met hul kleintjie kan tot 350 dassies per
jaar vreet! Die teenwoordigheid van ‘n volwasse
arendpaar dui op ‘n gesonde omgewing, terwyl die
verdwyning van arende uit ‘n gebied kan lei tot ernstige
omgewingsprobleme.
Arende se broeityd is in die winter en vroeë lente en
hulle is dus nou by hul neste. Baie van die arende broei
nie elke jaar nie, aangesien die broeiseisoen langer as ‘n
jaar duur (bv. Breëkoparend) en dis ‘n bekende feit dat
die meeste arende slegs een kuiken grootmaak, aangesien die oudste kuiken die jonger een doodmaak. Hierdie verskynsel word die Kain-en-Abel-stryd genoem. Dit
is dus geen wonder dat arende al skaarser word nie!
‘n Nuwe bedreiging vir die arende kan dalk die voorgestelde windplase op berge wees. Arende kan deur die
windturbines gedood word en mense wat windplase op
hul grond wil laat ontwikkel, vernietig ook die neste van
arende. Onlangs is ook berig ontvang van ‘n grondeienaar wat pale in die berge geplant het. Hy het dassies
aan die pale opgehang en slagysters op die pale gestel
om die arende te vang..... Arende word deur die Wet
beskerm en bogenoemde optrede is beslis onwettig!
Mens mag dalk dink niemand weet daarvan nie, maar
jou plaaswerker gesels dalk net met die buurman se
werker... Die straf vir hierdie omgewingsoortreding kan
10 jaar tronkstraf of baie groot boetes wees.
Hoe kan ons arende help? Beperk beweging by hul
neste tot die minimum en moenie bome afsaag wat
potensiële nesmaakplekke kan wees nie. Moenie gif of
enige vergiftigde aas uitplaas nie. Moenie die arende se
natuurlike prooi, wat meestal uit dassies bestaan, uitroei
nie. Moet dus nie toelaat dat werkers met honde veld