Agri Kultuur July / Julie 2016 | Page 45

Photo: Santiago Nicolau via Flickr. https://c1.staticflickr.com/5/4007/4518790585_7c71144f5b_b.jpg Die geheim van effektiewe plaagbeheer lê in die korrekte gebruik van plaagdoders asook in geïntegreerde plaagbeheer. Dosisse moet ten alle koste korrek aangewend word om weerstandontwikkeling te voorkom. Dit klink maklik gesê maar dit is moeilik gedaan want dit sluit ‘n hele aantal parameters in soos onder andere die korrekte toedieningsapparaat, kalibrering daarvan, aanwending onder gunstige weersomstandighede, korrekte deponering van spuitmengsel op die teiken, ens. Plaagdoderaanwending is ‘n wetenskap, nie ‘n alledaagse gebeurtenis nie. elke plaagdoderetiket is daar ‘n weerstandsgroepskode: let daarvoor op en wissel af tussen verskillende weerstandsgroepe ten einde weerstand teen te werk. Geïntegreerde plaagbeheer is net so belangrik en dit beteken ook ‘n hele aantal maatreëls wat in plek gestel moet word om die peste, plae, siektes en onkruide die stryd aan te sê. Biologiese middels wat beskikbaar is, behoort in die plaagbestuur ingewerk te word, terwyl landboupraktyke wat plae, siektes en onkruide teenwerk geïmplementeer behoort te word. Suid-Afrika is vol voorbeelde van weerstand soos onder andere die raaigras van die Wes-Kaap wat stewig teen onkruiddoders staan. Die makadamiabedryf voel die knyp van weerstandige stinkbesies terwyl die muskietbevolking om Durban nie veel gehoor gee aan die peritroiede se aanslag teen hulle nie. Die riviermuggie in die Oranjerivier is heeltemal weerstandig teen temefos. As ons oor antibiotika begin praat is dit ‘n redelike nagmerrie veral onder mense terwyl by die diere dit nog nie in Suid-Afrika ‘n krisis is nie. Wat wel onder die vee ‘n probleem is, is weerstandige wurms en bosluise. Al hierdie weerstandige organismes is gebore uit die misbruik van plaagdoder en medisynes. Om die weerstand om te keer eis baie moeite en geld en daarom is voorkoming beter as beheer. Een van die mees belangrike komponente van plaagbeheer wat gebruik word om weerstand teen te werk is die afwisseling van verskillende klasse plaagdoders. Op Kontak Dr Verdoorn: [email protected] 082-446-8946 http://seedstheatre.org/wp-content/uploads/2014/07/ malaria.jpg https://bacterialandviraldiseases.wikispaces.com/Mal aria