Agri Kultuur July / Julie 2016 | Page 44

A lle lewende organismes is aanpasbaar. Dit beteken dat wanneer daar een of ander uitdaging voor die deur van ‘n organisme staan, die bevolking daarvan bepaalde meganismes gebruik om daardie uitdaging die hoof te bied. In terme van peste, plae, siektes en onkruid is die grootste uitdaging wat sulke organismes ooit ondervind die gebruik van plaagdoders en medisyne om hulle te beheer of uit te wis. Dr Gerhard H Verdoorn Griffon Gifinligtingsentrum doder verkeerd gedoseer word, met ander woorde te min of te veel word toegedien, is die pad na ‘n totaal weerstandige bevolking mooi geplavei. In enige bevolking van lewende organismes bestaan daar altyd ‘n verskeidenheid genotipes. Onder die genotipes is daar indiwidue wat hoogs vatbaar vir ‘n stessor soos plaagdoders is. Daar bestaan ook indiwidue wat hoogs weerstandig teen dieselfde stressor is soos byvoorbeeld plaagdoders. Die gemiddelde deel van die bevolking is meestal redelik vatbaar vir so ‘n stressor. Te min plaagdoder beteken dat slegs ‘n gedeelte van die bevolking wat vir die plaagdoder vatbaar is, uitgewis word en dat van hulle oorbly. Wanneer hulle met die totaal weerstandige deel van die bevolking teel is daar nou nie alleen ‘n totaal weerstandige persentasie van die bevolking nie maar ook ‘n nuwe deel van die bevolking wat nou begin weerstand teen die plaagdoder het. Met die volgende teelseisoen is daar weer ‘n investering van weerstandigheid in die effens weerstandige deel van die bevolking en as die proses herhaal word, is daar binne enkele geslagte net weerstandige indiwidue oor. Dit is waar enige plaagbeheer eindig want die plaagdoder gaan nie meer die spesies kan aantas en beheer nie. In plaagbeheer is daar ‘n intrinsieke probleem naamlik dat die oomblik as plaagbeheer toegepas word, die verspreidingskurwe van die genotipes in die bevolking versteur word. Waar meeste indiwidue in die bevolking deur die plaagdoder aangetas en gedood sal word, is daar die enkelinge wat baie min of glad nie deur die plaagdoder aangetas sal word nie. Indien die plaag- Aan die ander kant is daar ook ‘n probleem wanneer te veel plaagdoder toegedien word. te veel plaagdoder beteken dat al die vatbare indiwidue uitgewis word en slegs die weerstandiges oorbly. Wanneer die broeiseisoen aanbreek is daar geen vatbares oor nie en net die weerstandiges teel om dan skielik ‘n totaal weerstandige bevolking voort te bring. http://gmoeffects.wikispaces.com/file/view/gmo_spray_pesticide_ah_23335.jpg/324448340/gmo_spray_pesticide_ah_23335.jpg