Agri Kultuur July / Julie 2015 | Page 3

Redaksie | Editorial D ie koue is hier en volgens die weerprofete gaan dit nog ‘n hele ruk voortduur, “ ‘n laat winter”, sê hulle. Dan maar deur die proses gaan om al die kledingstukke oormekaar aan te trek totdat jy naderhand soos ‘n ui voel, - laag op laag op laag op laag. Yes, it is the time of year again when a steaming cup of soup, coffee or chocolate or perhaps something a bit stronger helps to keep the cold away. Warmth is what we need, warmth of both the body and the mind and I trust that reading this edition of Agri Kultuur/Culture will also assist in bringing you the warmth that it afforded us. So gepraat van warmte, dit is ook jagtyd en vir menige kranige jagter beteken dit ook heerlike samesyn om ‘n warm kampvuur; of dit nou in die warmer bosveld van die noorde of die koue suide is, ‘n kampvuur bring mense bymekaar. As ‘n jagter hom boonop hou by die etiek van jag en nie geblikte wild vanaf ‘n bakkie vernietig nie, kan jy met ‘n skoon gewete saans jou stories van bekruip, die volmaakte skoot of die mislukking van die dag rustig met jou jagmaats deel. Dr Gerhard Verdoorn, self ‘n kranige jagter, deel hierdie maand sy perspektiewe rondom dié aspek met ons lesers. Still on the topic of warmth: I realised in putting together this edition, how many positive things there still are in our country that can bring warmth to the soul. You will note form this edition that most of the articles we published this month were written by authors who are passionately motivated to share their knowledge and expertise with our readers, each trying in his/her own way to keep us abreast of the latest trends and technology but are also actively trying to ensure humankind’s survival for the future. ‘n Mens kan werklik trots voel op een en almal wat, op welke wyse ook al, tot die inhoud van ons tydskrif bydra. Dit laat my hart sommer warm klop om te sien dat ons mede-Suid-Afrikaners net nie plaaslik aktief is nie maar ook in menige gevalle in die buiteland in groot aanvraag is om hul kennis en ondervinding globaal met die medemens te deel. ‘n Warm pluimpie aan al ons bydraers vir hul passie en bereidwilligheid om, soms op kort kennisgewing en ten spyte van hoë werkslas, vir ons insiggewende artikels en rubrieke te verskaf. I also would like to extend a warm and appreciative “thank you” to all our advertisers who are placing their advertising trust in the magazine for their regular support in keeping us in business. Our readers also deserve a big THANK YOU for your support to our advertisers and for the positive feedback we receive. Ten spyte van die koue is dit verder vir ons ‘n warm voorreg om ‘n nuwe toevoeging tot ons bemarkingspan in ons geledere te verwelkom. Sarie van Zyl is ‘n ervare bemarker wat my taak van advertensieverkope heelwat ligter gaan maak. Last but not least, enjoy our recipes to heat you up for the day or start upcycling to keep warm and don’t forget to enter in our competition to win a hamper of wonderful seeds for your garden. Until next time Chris